Louis Treghard – Monumente

Louis Treghard ( Soms gespel Treghardt/ Trichard/Trichard)


Groot Trek

Delagoabaai (Lourenco / Marques Maputo )

Louis Trichardt

Pretoria

Pietersburg ( Polokwane)

Kindermonument Bloemfontein

Voortrekkermonument

 

Die trekke van Louis Treghard en Lang Hans van Rensburg was die eerste om die Kaap te verlaat na die Noorde. Hulle was die baanbrekers vir die Groot Trek. Beide trekke het rampspoedig geëindig.

Louis Treghard
10/8/1783 Kango (Oudtshoorn) – 25/10/1838 Delagoabaai (Maputo)
Getroud met Martha Elizabeth Susanna Bouwer – 4 kinders.

Louis Treghard trek April 1836 met 9 waens, 9 mans, 9 vrouens en 31 kinders die binneland in. Ontmoet Lang Hans van Renburg en trek saam totdat die 2 stry kry oor ammunisie. Lang Hans mors volgens Louis Treghard ammunisie op sy alewige olifantskietery. Lan Hans trek vooruit en sy hele geselskap word uitgemoor. Louis Treghard trek oor die Hoëveld en beskryf in sy dagboek ñ onbewoonde land met ruïnes, baie geraamtes en vind hier en daar ñ vreesbevange vlugteling. Noord van Vaalrvier is hy baie versigtig want stroperbendes beweeg in area.
By Soutpansberge span hy uit om osse te laat rus en voorrade aan te vul voor hy pad aandurf Delagoabaai toe. Hy saai terwyl hy vir Andries Potgieter wag. Soekgeselskappe gaan soek na Lang Hans Van Rensburg se trek wat in die bosse verdwyn het. Hy vertoef ñ jaar daar. Begin selfs ñ skooltjie. Twee Portugese soldate kom ontmoet hom ook daar.

Louis Treghard trek hierna verder al langs die Olifantsrivier om digte bosse en moontlike aanvalle te vermy. ñ Baie moeilike roete in ñ nou diep kloof met loodregte kranse weerskante en massiewe rotsblokke as hindernisse. Hy moet telkens die rivier kruis om om rotse te kom. Kruis in 5 dae die rivier 13 keer met swaargelaaide waens. Na 3 maande bereik hy ñ doodloopstraat. Enigste roete uit is bo-oor die berg.Een van die moeilikste bergreekse. Met groot moeite bereik hulle die top van die berg en besef met wanhoop daar is geen roete afwaarts nie. Manne is moedeloos en beplan om onbegonne taak aan te pak om pad te probeer bou. Louis Treghard se vrou Martha, Antje Scheepers en Breggie Pretorius vind 1837 Kersfees ñ roete afwaarts. Louis Treghard se waens durf die aftog aan, ñ moeisame en lewensgevaarlike tog. Na 3 maande bereik hulle die voet van die berg. Sedertdien het nog geen voertuig weer die berge daar kon kruis nie.

Nou volg die trek ñ makliker roete deur die Laeveld (noorde van huidige Kruger Nasionale Park), min wetend dit is ongesonde gebied geteister deur malaria en tstsevlieg. ñ Derde van die kinders reeds langs die pad begrawe.

Na byna 2 jaar bereik Louis Treghard se trek Delagoabaai waar een na die ander sterf aan malaria. Louis se vrou sterf eers en later ook hyself. Twee-en-twintig van die trekgeselskap word in Delagoabaai begrawe.Slegs 25 oorleef en word per skip vervoer na Port Natal.

Louis Treghard het noukeurig boekgehou van daaglikse gebeure in sy dagboek. Die laaste inskrywing is na sy vrou se dood:
” Al ons sorge en verdriet was tevergeefs”.

Baie monumente en gedenkstene is vir hierdie baanbreker opgerig.
1. Dorp Louis Trichardt is 1899 gestig en na hom vernoem.
2. Op dorpsplein/ Voortrekkerplein is daar ñ borsbeeld deur Jan Roos in 1988 onthul en ñ gedenkplaat vir sy skooltjie en vir sy ontmoeting met 2 Portugese soldate. Identiese borsbeeld in dorpsbiblioteek.
3. Pietersburg monument met trappies waar sy trek 1837 uitgespan het. Ook nou onder vandale deurgeloop.
4. Zebediela ñ gedenkplaat
5. Pelgrimsrust
6. Terkroete Elimpad
7. Wonderboom suid Pretoria
8. Kindermonument Bloemfontein
9. Voortrekkermonument. Marmer.Afbeelding in heldesaal. Twee marmerfriese een van aankoms in Delagiabaai en ander sy verblyf by Soutpansberg
10. Louis Trichardt gedenktuin in Maputo waar Louis Treghard en sy vrou en lede van sy trekgeselskap begrawe is. Ontwerp deur Johan de Ridder en R da Costa. Ringmuur rondom in Kaaps Hollandse styl wat sy doopkerk in Tulbach voorstel. Die breë plaveipad stel die lydenspad van die Trekkers voor. Die boogvormige gedenkmuur se sentrale paneel van wit marmer is vorm van kakebeenwa en span osse ontwerp deur Albert Werth. Langsaan ñ afbeelding van Louis Treghard. Die syvleuel bevat die name van die treklede van Louis Treghard en Lang Hans van Rensburg se trekke. Voor is n groot mosaïekkaart met verskeie trekroetes daarop aangedui. (Ontwerp Jeane Kotze). Monument word mooi in stand gehou.
Bronne
Die Groot Trek.Gids tot monumente, terreine en gedenkplate in SA. Jackie Grobler
The Great Trek Chris Venter
Fotobeeld van 300 monumente langs die pad van Suid-Afrika
Ons vir jou Suid-Afrika . FJN Harman
Monumentale erfenis. Jackie Grobler
Die groot trek TV Bulpin
Die VoortrekkermonumentBesoekershandleiding

Maak 'n opvolg-bydrae