Loskopdam / Groblersdal / Mpumalanga

Loskopdam

Groblersdal

Mpumalanga

LOSKOPDAM

Gebou in die Olifantsrivier naby Groblersdal.

Reeds in 1934 begin die Departement van Waterwese om ń dam in die Loskopvallei te bou met besproeiing as die uitsluitlike doel.

1938 is hierdie dam voltooi, een van grootstes in Suidelike Halfrond.

VROEË VESTIGING

Reeds in 1840 het die eerste Voortrekkers in hierdie area kom vestig. Vestiging het stadig plaasgevind want veesiektes en malaria was ń struikelblok. Gedurende wintertye het boere van Hoëveld na Olifantsriviervallei verskuif.

Later is plase uitgemeet langs die Olifantsrivier o.a. Lagersdrift en Kalkfontein (1886). Aanvanklik graanboerdery volgens droeë-land-metode.

Vestiging word meer en meer tussen 1919 en 1924.1917 word die eerste privaat dam gebou op die plaas Rooikraal.

Die besproeiing verhoog die produksie van 150 sak tot 8000 sak per jaar.

1925 word nog klein besproeiingstelsels voltooi met keerwalle en water wat uit damme gepomp word.

Die groot sukses hiervan laat boere ernstig versoeke aan die Regering rig om ń Loskop Besproeiing Skema.

REGERING

Die moontlikheid van ń groot besproeiingskema in hierdie area is reeds in 1905 ondersoek.

Daar is daarteen besluit aangesien die area yl bevolk was en geen spoorverbindings daarheen.

1930 het grondeienaars langs die Olifantsrivier begin met ń privaat besproeiingskema.

1934 besluit Dept van Waterwese om ń dam in die Loskopvallei te bou op die plase Loskop en Vergelegen.

Hierdie Loskopdam is in in 1938 voltooi.

ARBEIDERS

Die dam word gebou met fisiese harde hande arbeid. Alle werk word met die hand gedoen, met pik en graaf en kruiwa. Selfs die beton word met die hand gemeng.

Die Reddingsdaadbond laat damme en kanale bou met blanke arbeiders in ń poging om die Armblanke Vraagstuk op te los.

Honderde blankes, Afrikaners, is werkloos en brandarm na die Oorlogsjare, depressiejare, droogtejare, sprinkaanplae.

Damme soos Loskopdam, Harbeespoortdam, Boegoebergdam ens. en die kanaalstelsel by Hartswater verskaf broodnodige werk.

Diegene wat nie bang is vir harde werk, hande werk, verdien ń inkomste en kan selfs later ń stukkie grond op die Vaalharts Skema bekom.

Talle Afrikaners het hier hard gewerk om uit hulle ellendige omstandighede te kom met groot sukses.

Werkers kry behuising.(tente), gratis kos en mediese bystand en ń loon van 2/6 per dag (sowat 25c in vandag se terme.)

LOSKOPDAM ARBEIDERS

Aanvanklik mag net blanke Afrikaanse getroude mans aan die damwal gebou het.

Maart 1935 was 400 man in diens.

1935/1936 word ongetroude mans ook in diens geneem om arbeidstekorte aan te vul.

1937 is die wal byna voltooi.

Die goeie reënval van Des 1837 en Jan 1938 vul die dam gou en Januarie 1938 oorstroom die Loskopdam se wal.

LOSKOPDAM SE WAL

Loskopdam se wal is ń boog-gravitasie wal op ń soliede rotsbasis.

Damwal was 49 m hoog. Basis 24 meter dik, meer as 500 meter kruinlengte.

Koste ongeveer R5 miljoen.

1974 tot 1980 is die wal met 9 meter verhoog tot 54 meter.

ń Nuwe konsep is by die wal gebruik ; stroombrekers. Strukture is so 6 meter van bo af teen die wal uitgebou aan die stroomkant. Dit verdeel die vloedwater in strome en verminder die destruktiewe krag van die vloedwaters. Dit laat ń indrukwekkende sproeireën.

Damoppervlakte is so 2350 hektaar, sowat 27 km lank.

As dam 100% vol is, is kapasiteit ongeveer 348 milj kub liters.

GEDENKPLAAT

Lt Col DF Roberts, ingenieur betrokke by bou van Loskopdam se oorskot is in die wal ingesement.

Die gedenkplaatjie op die wal aangebring.

Aanvanklik was sy as op een van die eilande in die Loskopdam begrawe, maar met die verhoging van die wal sou die eiland oorstroom. Sy as is toe na ń nis in die wal verskuif.

BESPROEIINGSKANALE

1935 is begin met ń kanaalstelsel, voltooi in 1948.

WWII het die bouery onderbreek.

Loskopdam voed 2 besproeiingskanale van 148 km en sykanale waaruit die grootste gedeelte van die Bosveld besproei word.

Vrugbare vrugte, groente, graan, katoen lande met goeie opbrengs.

NATUURRESERVAAT

Rondom Loskopdam is die Loskopdam Natuurreservaat. 12 700 hektaar ryk aan plant en dierelewe.

1940 is ń vakansie oord begin langs die Loskopdam deur die TPA ( Transvaalse Provinsiale Administrasie) en díe oord is steeds gewild, veral onder hengelaars.

GROBLERSDAL

ń Nuwe dorp, Groblersdal, het op die plaas van WJ Grobler ontstaan.

1938 as dorp geproklameer.

Groblersdal is die middelpunt van die besproeiingskema.

BRONNE Internet

FOTO’S Gys Ströh snr April 2022.

Maak 'n opvolg-bydrae