Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas

Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas

VEREENIGING KONSENTRASIEKAMP

Die Vereeniging Konsentrasiekamp is begin in September 1900 en was geleë in die suidoostelike hoek van die dorp.

Die Konsentrasiekamp was in 2 gedeel:

DIE BURGHER KAMP

Die Burgher Kamp wat ń klein kamp was. Ongeveer 25 gesinne, sowat 150 mense. Dit was vrywillige vlugtelinge wat oorgegee het en Boereverraaiers (joiners). Die meeste mans was deel van die Burgher Korps wat bewapen was en hulle doel was hoofsaaklik om die Verskroeide Aarde Beleid toe te pas. Plase en plaashuise af te brand, oeste te vernietig, vee te buit en vroue en kinders Konsentrasiekampe toe te neem. Hierdie inwoners het meestal in hulle eie nagmaalwaens en tente gewoon. Verslae dui daarop dat hierdie kamp nie baie netjies was nie.

Die Tweede Deel van die kamp was vir diegene wat gevange geneem is. Hulle is ingeperk agter doringdraad met 2 ingange, een aan die myn se kant. Stroom-af vanaf die Burger Kamp.

DIE KAMP VIR GEVANGE VROUENS EN KINDERS

Hierdie kamp was nie groot nie, sowat 1000 inwoners en het vrouens, kinders en bejaardes gehuisves wat gevange geneem is want hulle familie was vegtende boere op kommando.

Hierdie kamp het ń paar probleme gehad:

Vrouens en kinders wat gewoond was aan die afgesonderde lewe op plase is hier saamgegooi, wat verspreiding van siektes verhoog het.

Die vrouens en kinders het verhonger, verwaadloos en getraumatiseerd van ontbering en verlies hier aangekom met net ń paar skamele besittings wat hul kon gryp en red het.

Die behuising was tente in uiterste weersomstandighede. Snerpend koud in die winter, snikwarm in die somer en papnat na die fel Hoëveldse donderstorms.

Weerlig was ń gevreesde faktor wat heelwat lewens in die lamp geëis het en tente aan die brand geslaan het.

Daar was nie wasgeriewe nie. Wasgoed en liggame moes in die rivier gewas word.

Toilet geriewe was totaal ontoereikend. Sowat 25 toilette vir ń 1000 mense.

Alle water moes deur vrouens en kinders aangedra word.

Drinkwater is vanuit die rivier verkry. Die water was besoedel agv die feit dat dit stroom-af was en het ingewandskoors onder die kampbewoners veroorsaak.

Dokter Turner het tydens ń kampbesoek 44 gevalle van ingewandskoors gekry onder 664 kampbewoners. Die kampbewoners wou nie gekookte water drink nie, die smaak vreemd vir hulle. Later is water vanaf ń fontein aam oorkant van rivier verkry wat siektes laat afneem het, maar in die reënseisoen het die rivierwater die fontein oorspoel wat veroorsaak het dat die siekte weer uitgebreek het.

Masels het ook gelei tot heelwat sterftes in die kamp. Danksy die vinnige en wyse optrede van die kampowerhede was die verspreiding vinnig gekeer en sterftesyfer nie so hoog nie. Die gevalle is vinnig geïsoleer en die siekes hospitaal toe geneem. Masels het twee keer in die kamp uitgebreek nadat gesinne wat masels gehad het vanaf ander kampe oorgeplaas is na Vereeniging Konsentrasiekamp, maar gou onder bedwang gebring.

Die groot afstand na die begraafplaas waarheen die vrouens hulle geliefdes moes dra was ook moeilik.

KAMPBESTUUR

Die toestande in Vereeniging Konsentrasiekamp was nie so haglik soos in ander kampe nie.

Die bekwame en menslike optrede van die eerste kampbestuurder Captin Bentinck het die orde en dissipline gehandhaaf.

Hy het aangedring op genoeg tente, netheid en orde.

Selfs gebied tussen tente laat steriliseer.

Verslae het aangedui dat die kamp netjies en skoon was.

Die rantsoene het hy ook vergroot om lewens te vergrmaklik.

Vleis was bekombaar want die gebuite vee wat genadeloos aangejaag is, het die swakkeres laat uitsak en agterbly. Die vee tesame met die gebuite vee wat aangekoop is, het vleis rantsoene aangevul.

Toe die kampbestuur die tekens van wanvoeding waarneem het hulle die kampbewoners groentetuine laat aanlê en die klein kindertjies se melkrantsoene vergroot. Teen die einde van die oorlog was daar 35 hektaar groente en voer aangeplant.

Selfs blomtuine aangelê rondom die hospitaal.

Daar was selfs gepoog om vrugte aan die kampinwoners te voorsien.

Die ernstige tekort aan brandhout in die ander Helkampe het nie so invloed in Vereeniging se kamp gehad nie. Steenkool vanaf die aanliggende steenkoolmyn was geredelik bekombaar.

Die gemoed in die kamp was volgens verslae baie positief.

Daar was ń skool ingerig in die kamp. Skool is aangebied deur 2 inwonende vrouens in tente en later in ń sinkgebou. Tot 300 leerlinge het van 8 tot 1 onderrig ontvang in Engels en 4 vakke is aangebied: Engels, Godsdiens, Sang en Liggaamsopvoeding.

ń Hospitaal met bekwame personeel en ń medisyne depot was ook ingerig in die kamp.

Daar was selfs ń groot skoenmakery in die kamp.

Ten einde die kampbewoners se moraal hoog te hou en hulle besig te hou is ń leerlooiery, steenmakery en houtwerk ook bedryf. Teen einde van oorlog is reeds meer as ń halfmiljoen stene in die kamp vervaardig.

Daar is selfs sportdae aangebied vir die kinders en kampbewoners.

Die relatiewe kleiner getalle (sowat 1000 inwoners), die bekwaamheid van die kampbestuur en gedissiplineerde gedrag van die inwoners was hierdie kamp se redding.

SWART ARBEIDERS KAMP

Stroop-op vanaf die Burgher Kamp en Konsentrasiekamp was daar ń groot kamp vir swart arbeiders. Hulle het in diens gestaan van die Britte. Van hierdie kamp is bitter min bekend, behalwe dat hul ook rivier moes gebruik vir wasdoeleindes wat besoedeling van rivierwater vererger het. Hierdie kamp is later verskuif, waarheen weet ons nie.

STERFTESYFER

Alhoewel die omstandighede in die Vereeniging Konsentrasiekamp nie so haglik was soos in ander kampe nie, was die steftesyfer ook hoog.

Meeste sterftes was agv maagkoors, masels en longontsteking. Die swak gesondheidstoestand waarin die vrouens, kinders en bejaardes gearriveer het by die kamp, die besoedelde drinkwater en aansteeklike siektes het bygedra tot sterftes.

Die hoogste aantal sterftes was gedurende Augustus 1901 toe 50 persone gesterf het.

In die Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas is ń gedenkplaat opgerig met name van

108 oorlede kinders onder ouderdom van 15 jaar en

48 oorledenes bo 15 jaar.

Totaal 156..

Meeste graffies is ongemerk.

VREDE VAN VEREENIGING

Die nuus van die Vredesluiting (31 Mei 1902) is met groot blydskap in Vereeniging Konsentrasiekamp aangekondig.

Teen einde Julie het reeds meer as die helfte van die inwoners teruggekeer na hulle afgebrande plase toe om te probeer om hulle plase weer op te bou.

Oktober 1902 was daar minders as 200 inwoners nog oor, meeste weduwees en wese en bywoners wat nie ń heenkome gehad het nie.

November 1902 is Vereeniging Konsentrasiekamp gesluit.

Nywerhede is op die terrein opgerig wat laaste oorblyfsels uitgewis het.

Maak 'n opvolg-bydrae