Kloktoring. Campanile. Port Elizabeth. Oos Kaap

Kloktoring. Campanile

Port Elizabeth

Oos-Kaap

Vierkantige baksteen kloktoring 53, 5 meter hoog by die ingang van die treinstasie en vroeër die hawe waar die 1820 Setlaars voet aan wal gesit het. Opgerig om koms van Britse Setlaars te herdenk.

Die bouwerk het in 1920 begin en is voltooi in 1922. Die kloktoring toon groot ooreenkomste met die St. Marks Campanile in Venesië. Die hoeksteen is gelê 9 April 1921 deur Prince Atrhur van Connaught, goewerneur-generaal in SA en ingewy 6 Nov 1923. Elke steen was getoets, streng toetse.

Die kloktoring het 204 trappe, ń wenteltrap, 8 vloere met vensters op vlakke. Bo is ń uitsigdek , meer as 50 meter bo die stad met ń ongelooflike uitsig. Daar is ń hysbak aangebring vir minder dapperes maar traplanges wag vele verrassings.

Daar wag die grootste kariljon klokke in die land , 23 klokke.. 1936 tydens die regeringsperiode van Koning George V is hierdie klokke aangebring uit dankbaarheid teenoor die Britse Setlaars. Op elke klok is ń inskripsie van die skenkers en bekende name pryk op klokke soos Donkin, Elizabeth ens. Die eerste uitvoering op die klokke 9 April 1936. Elektro-magnetiese stelsel waar melodië geprogrammeer kan word. Die klokke weeg 16 ton, die grootste klok tussen 3 en 4 ton, 2 meter in deursnee.

Iewers halfpad is ook die spookklokke, deurskynende klokke met liggies wat aangaan as note op orrel gedruk word en natuurlik ophelder as klok melodie gespeel word.

Kunswerke orals uitgestal.

1970 het die bou van die snelweg tussen die toring en die hawe die uitsig van hawe versper.

1989 as Monument verklaar.

2016 is restourasiewerk gedoen.

Op die 67ste trap is ń bordjie aangebring ter ere aan Nelson Mandela.

Eie waarneming:

Pragtige indrukwekkende toring. Bietjie oor-skouer-loer area. Ongelukkig baie graffiti teen mure bo in uitkyktoring wat toegeverf sal moet word.

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020.

Campanile, PE:

The Campanile structure is reminiscent of the famous St Mark’s Campanile in Venice, which is 320 feet high. The Campanile in Port Elizabeth, Nelson Mandela Bay area now, is 170 feet (51.8 meters) high from natural ground level to the tip of the pyramid roof.

 A competition for the design of the tower was open to the whole of South Africa in 1920 but all the entries were found to be too costly and local Port Elizabeth architect, W J McWilliams, then offered his services to design a simpler edifice. The design was approved on the 10th of March 1922 and finished late 1923.

 While the Campanile was built to commemorate the arrival of the British Settlers it was restored to showcase  the ‘new’ democracy and it plays a significant role in PE/the Bay as the start of Route 67, a route that tells the story of Nelson Mandela’s contribution to South Africa and the 67 years he worked for the country’s democracy….. 

The frieze at the Campanile’s entrance was made in 2011 by MKhonto Gwazela and it is a celebration of the indigenous heritage of Nelson Mandela Bay

At the exact place where the 1820 British Settlers landed in Algoa Bay ( Port Elizabeth) the tower was built with a carillion of 23 campanile bells. A few years ago the bells were restored. The 23 bells weigh 17 tons. The largest bell is 5ton. One bell dedicated to Francis Evatt who helped the Settlers ashore.

FAK 18 Aug. 2020

Vir al bykans ’n eeu troon ’n kloktoring 52 meter hoog bo Port Elizabeth uit.

Lede van die Port Elizabeth se FAK-Kultuurnetwerk vertel hoe hulle al met Voortrekkerspanne die 204 trappies in hierdie toring uitgeklim het tot bo waar die wye uitsig oor die stad en die see hulle begroet.

Reeds in 1904 het ’n predikant van een van die kerke in Port Elizabeth ’n gesprek begin om ’n toring op te rig om die aankoms van die 1820-Britse setlaars te herdenk. Die gedagte was om hul kerk te herbou en dan die toring van die nuwe kerk aan die Britse setlaars te wy. Gesprekke hieroor het egter in 1906 doodgeloop weens opinies dat die toring van ’n kerk die Britse setlaars aan slegs een kerk sou verbind, en dat ’n plek nader aan waar die setlaars aan wal gegaan het eerder gevind moes word.

In 1920, met die 100 jaar herdenking van die koms van die Britse setlaars, het planne om ’n gedenkteken op te rig egter vlam gevat. Verskeie ontwerpe is voorgelê. William John McWilliams, ’n Ier wat as kind saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom het, is as argitek aangewys. Bouwerk aan die kloktoring het in Maart 1922 begin en is oor 18 maande voltooi teen ’n koste van 5940 pond. Stene en dakteëls is uit Grahamstad verkry.

Die kloktoring (algemeen bekend as die Campanile) is op 6 November 1923 ingewy. By hierdie geleentheid het McWilliams gesê hy wou in die ontwerp van die kloktoring die eenvoud, selfbeheersing en waardigheid in die karakter vasvang van die manne en vroue wat in 1820 daar aan wal gegaan het.

Met die inwyding het die toring nog geen klokke gehad nie. Geld is ingesamel. ’n Enkel klok is in 1925 in die toring gemonteer. In 1936 is ’n klokkespel van 23 klokke, waarvoor afstammeling van die Britse setlaars of ander wat hul nagedagtenis wou eer die grootste bydraes gelewer het, in die kloktoring ingesit. Dit het saamgeval met die Silwer Jubilee jaar van Koning George V van Brittanje. Met ’n gewig van meer as 16 ton is hierdie klokkespel een van die grootstes in Suid-Afrika. Die eerste uitvoering van die klokkespel is op 9 September 1936 gelewer.

Daar word gesê dat hierdie kloktoring baie herinner aan ’n ander kloktoring wat ook naby water opgerig is, die 98.6 meter hoë kloktoring op die St. Markus-plein in Venesië.

Maak 'n opvolg-bydrae