Vuurtoring. Cape Recife. Port Elizabeth. OOs Kaap.

Vuurtoring.  Cape Recife

Port Elizabeth

Oos-Kaap

Eerste lig aangesteek April 1851.

Cape Recife is die 4de vuurtoring opgerig in SA, die 3de oudste nog in werking en word beskerm deur die Nasionale Erfeniswet 1999.

Met die koms van die 1820 Setlaars, die troepe wat bystand moes kom lewer met grensoorloë en al hoe meer voorrade wat vervoer is per skepe, het al hoe meer skepe hierdie roete gevolg.

Hierdie was ń gevaarlike roete en al hoe meer skepe het in die moeilikheid geraak.

Die bou van ń vuurtoring het noodsaaklik geword.

Die vuurtoring is op ń uitstaande punt gebou, die D’Urban Rock, in die middel van ń sandstrand. Ongelukkig is hierdie ń area met bewegende duine wat groot probleme veroorsaak en toegang tot die vuurtoring is soms moeilik. Daar moes keerwalle/mure gebou word want sekere tye was vuurtoring en die bemanning van vuurtoring se woning omring deur water en afgeny. Sand waai die pad toe in winderige tye wat dikwels hier ervaar word. Selfs nadat die pad geteer is, is sand nog steeds ń faktor.

Die vuurtoring is huidig geleë binne ń beskermde gebied, Cape Recife Natuurreservaat, en is veral gewild vir die ryke en unieke voëllewe wat dit bied. ń Paradys vir voëlkykers.

Die toring is sowat 24 m hoog en was aanvanklik 2 rooi en 2 wit bane geverf. Dit is 1929 verander na 2 swart en 2 wit bane.

Die koepel bo is rooi geverf met ń vaste wit en vaste rooi lig en flitsende rooi en wit ligte. Die wit ligte kan 29 seemyl ver gesien word. Ook toegerus met ń mishoring en misverklikkers.

1998 was die vuurtoring ń slagoffer van vandalisme  toe ń paar prismas by die senter/oog stukkend geskiet is. Dit kon glad nie herstel of vervang word nie met die gevolg dat paar panele afgeblok moes word.

Hierdie vuurtoring is ń belewenis, voel kompleet of jy strandlangs ry om daar uit te kom.

Bron: Lighthouses of SA G. Hobermann

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae