Eerste Wêreldoorlog. Slag van Gallipoli. Port Elizabeth. Oos Kaap

Slag van Gallipoli

Port Elizabeth

Oos-Kaap

Monument wat Slag van Gallipoli herdenk

25 April 1915 tot 9 Junie 1916

Slag van Gallipoli was een van die bloedigste gevegte tydens die Eerste Wêreldoorlog en die Turke se grootste oorwinning oor Brittanje. Minstens 130 000 man dood.

ń Brits-Franse operasie om die Ottomaanse hoofstad Konstantinopel in te neem en om die seeroete na Rusland te beveilig. Die idee was om Duitsland se bondgenoot, Turkye, uit te skakel uit die oorlog en om die Straat van Dardanelles en Bosphorus te beveilig aangesien dit strategies belangrike deurgange was.

Tienduisende soldate, uit Brittanje, Australië, Nieu Zeeland, Indië, Ierland ens. is gestuur om Konstantinopel aan te val, eers vanaf see en later landaanvalle ter versterking. Gevolge was noodlottig. Weersomstandighede, sterk forte teen die kus, seemyne in die nou strate, onbekende terrein, guerilla taktieke, loopgrawe en die briljante  militêre aanvoerder van die jong Turke, Mustafa Kemal Atatürk,  wat elke beweging van die aanvallers kon voorspel en kon kortwiek het die Britte totaal onkant gevang met katastrofiese gevolge. Hulle moes einde ten laaste onttrek met geweldige verliese.

Winston Churchill het as meesterbrein agterna die meeste blaam moes dra vir hierdie mislukking.

Dit is verstaanbaar dat Port Elizabeth met sy Britse verbintenis deur 1820 Setlaars hierdie monument opgerig het en moontlike familieverbintenisse van oorledenes met nasate  in omgewing.

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020.

Maak 'n opvolg-bydrae