Piet Retief Monument. Port Elizabeth. Oos Kaap

Piet Retief Monument

Port Elizabeth

Oos-Kaap

Piet Retief Monument

1939 tydens die Simboliese Ossewatrek is hierdie monument opgerig op Coega by die kruising van die paaie na Uitenhage en Port Elizabeth.

1975 is die monument verskuif na Summerstrand Port Elisabeth waar Piet Retief se plaas, Strandfontein, was voor hy vertrek het die binneland in saam met die Groot Trek.

Die plaas Strandfontein was in Piet Retief se besit 1814 tot 1821. Huidig is area ontwikkel, bekend as Summerstrand. Piet Retief was een van die Voortrekkerleiers tydens die Groot Trek en hy is in  1837 vermoor deur Dingane by Umgungundlovo.

inskripsie op Monument lees: This monument stands on Piet Retief’s original farm Strandfontein after it was removed from Coega by the” PE Afrikaanse Skakelkomitee” and was unveiled on 16 December 1975.

Ongelukkig is verwaarlosing en skade hier reeds sigbaar en groot gedeeltes reeds onleesbaar. Borde afgesteel. Een van ons monumente wat dringend aandag  nodig het.

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae