Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 1

Die Groot Trek
1836

“Paul, Paul het jy gehoor wat sê Pappa? “

“Kleinsus, loop jy al weer sonder ń kappie buite rond!
Het jy al weer die grootmense gesit en afluister?
Jy moet ophou tande tel as die grootmense praat.
Mamma gaan jou boude raps. “

“Ag boetie Paul, ek het net vergeet om my kappie op te sit.
Ek was haastig om vir jou te te kom sê wat Pappa gesê het.
Pappa sê hy is nou moeg vir die Engelse se twak.
Hy gaan trek!
Diep die binneland in!”

“Ai Kleinsus Fientjie. Ons boere is baie kwaad.
Ons boere kry baie swaar.”

“Boetie Paul, Pappa sê Mamma moet begin pak en voorberei.
Dink jy ons dogters en Mamma gaan díe keer saamgaan?”

“Natuurlik Fientjie.
Almal gaan saam trek.
Dit is nie ń jagtog waar net die manne gaan jag nie.
Almal gaan hierdie keer saamgaan.”

“Boetie Paul, ek is so opgewonde!
Dit gaan lekker wees?”

“Wag nou Sussie, wag bietjie.
Daar lê baie werk voor.
Gaan nou terug na Mamma toe.
Ons manne het baie werk.”

“Ag Boetie, jy maak verniet of jy so groot is.Jy is ook maar net 8 jaar oud.”

“Sussie, ek is ń man.
Ek het my eie geweer en het al ń bok geskiet.
Ek is een van die manne.
Weg is jy, uit die son uit.
Ons manne hou nie van meisies met bruin gebrande gesiggies nie.”

“Tatta boetie Paultjie….”

Kobie Ströh

Fotos en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae