Kinderlê Namakwaland

Namakwaland Richtersveld

 Vroeëre geskiedenis

 Noord-Kaap

Kinderlê

Namakwaland Distrik

Steinkopf/ Kabinaberg

Noord-Kaap

Massagraf van 32 kindertjies wat deur die Boesmans vermoor is.

“In die middel van die 19de eeu was die streek rondom die sendingstasie by Steinkopf vasgevang in ‘n ernstige droogte. Gevolglik het verskeie Nama-gesinne met hul vee weggetrek na ‘n bron ongeveer 12 km noordoos van die dorp. Op ‘n Sondag in 1867 toe die volwassenes ‘n kerkdiens op Steinkopf bygewoon het, is die Nama-kamp deur ‘n groep Boesmans binnegeval. Met pyl en boog is 32 Nama-kinders, hul oppassers en selfs die honde gedood.

Die plek van die massagraf is met ‘n klein grafsteen gemerk en staan bekend as Kinderlê. Op 30 Junie 2003 is op hierdie plaaslike erfenisterrein ‘n verdere gedenkteken onthul.”

Die Londense sendinggennotskap het reeds in 1809 toestemming gegee dat Eerw Christiaan Albrecht sendingwerk in die area mag doen. Die eerste sendingstasie is in 1817 by Besondermeid gestig en hy het dit Steinkopf genoem nav sy geestelike mentor in Londen dr Carel Steinkopf.

Die gebied was onder beheer van die Nama kaptein Vigiland Orlan wat ‘n onderkaptein was van Kaptein Cupido Witbooi, die oorhoofse kaptein oor die noordelike deel van Klein-Namakwaland. 1838 is die sendingstasie geskuif na die plaas Kookfontein, 5km noord van Besondermeid waar die huidige dorpie Steinkopf ontwikkel het.

In die vroeë jare van die sendingstasie was Steinkopf die getuie van gewelddadige botsings tussen die San-jagters en die veeboergemeenskappe. Die gesamentlike graf van 32 Nama kinders by Kinderlê noord van die dorp is stille getuienis van die wrede botsings wat mettertyd die San in die gebied feitlik uitgeroei het.

 
Fotos Jan Viljoen Didi Basson. Eggsa se begraafplaasprojek.

Maak 'n opvolg-bydrae