Hand of God Richtersveld

Richtersveld

Natuurwonder

Sendelingsdrif

Namakwaland

The Hand of God
Richtersveld
Richterveld Nasionale Park
Noord-Kaap

Hierdie merkwaardige natuurverskynsel is so ongeveer 14 km vanaf Sendelingsdrif.
Die plaaslike inheemse bevolking glo dat God Sy Hand hier op die rotsoppervlakte van die Richtersveld gedruk het.
Die Richtersveld is ñ land wat deur geologie en klimaat gelaat is met ñ ryk geskiedenis van 2000 miljoen jaar.
Die geologiese geskiedenis van die area strek tot 2000 milj jaar terug, byna die helfte van die aarde se ouderdom, lank voor die kontinente wat ons vandag ken, gevorm is. Hier vind ons ñ groot aantal belangrike argeologiese terreine.
Klimaat het ñ gunstige area geskep vir nomadiese veeboere en tekens van lewe, ongeveer 200 000 jaar gelede, is hier gevind.
Fotos: Dankie Marina Vd Berg Louw

Maak 'n opvolg-bydrae