Geweerlope in rots. Richtersveld

Namakwaland   Richtersveld

ABO    Springbok

Noord-Kaap

Geweerlope in granietrots
Namakwaland. Richtersveld..
Plaas se naam Arkoep.
S 30° 06.04.38. EO 17°54,37.05 Op die plaas Arkoep tussen Kamieskroon en Springbok teen die N7, ongeveer 12 km noord van Kamieskroon staan ñ ry geweerlope ingeplant in ñ soliede granietrots rondom ñ poeletjie water. ñ Natuurlike rotspoel by ñ fonteintjie.
Die lope is geplant in gate wat in granietrots gemaak is so ongeveer 2 m uitmekaar, sowat 600 mm hoog. Dit lyk asof dit die poeletjie sou toespan. Dit is voorlaaierlope uit die ABO.
Daar is verskeie verklarings vir die geweerlope rondom die poeletjie:
1. Na die ABO in 1902 moes alle Afrikaners hulle gewere inhandig. Die plaasboer van Arkoep het geweier om dit te doen en hy en ander bittereinders het hulle gewere gebreek en die lope hier ingeplant.
2. Volgens Namakwa toere het die boer van Arkoep sy gewere nie ingegee nie, dit gebreek , die waarde van staal besef en die geweerlope gebruik as stutpaaltjies waar om hy draad gespan het om skape uit die poeletjie te hou want hy wou die water vir huishoudelike gebruik hê.
3. Hennie Maartens wys weer daarop dat staal bitter skaars was na WWII en staal vir hoekpenne was feitlik onbekombaar terwyl geweerlope volop was. Dikwels is geweerlope gebruik as hoekpale. Sien sy aangehegte kaart van Bapsfontein omgewing waar hoekbakens in linker boonste hoek beskryf word as ” rifle barriers with chain”
Dankie Jacob Naude
Namakwa toere en
Hennie Maartens vir inligting en fotos.
Op foto een wys Hennie hoe lyk ñ Einfield loop na 50 jaar ondergronds

Maak 'n opvolg-bydrae