Van der Stel myn. Springbok

Richtersveld

Springbok

Vroeë Geskiedenis

Verkenning van die Binneland

Simon van der Stel

1685.
Simon van der Stel begin op hierdie dag met sy legendariese tog na Namakwaland.
Drie en twintig verskillende tipe rytuie, 200 ekstra osse, 300 skape, etlike perde en lesbes ‘n koets en 2 kanonne het die reis meegemaak. (2)
Ses en vyftig blankes, etlike slawe, 46 anderskleuriges asook etlike tolke was ook saam.
Die koets het ter wille van veiligheid in die middel van die geselskap gery.
Die doel van die reis was primer om die oorsprong van die koper wat van tyd tot tyd in die Kaap deur lede van die inheemse bevolking aangebring was te vind.

Op die 2de September het die geselskap die Bergrivier bereik. Dit het hul twee dae geneem om die rivier oor te steek. Op die 5de was hul in die omgewing van die huidige Piketberg.
Dit was in hierdie omgewing dat
Van der Stel se koets deur ‘n renoster bestorm was.
Laasgenoemde het groot geskrik en uit die koets gespring wat die renoster se aandag op hom gevestig het. Die renoster het van rigting verander en op die gowerneur afgestorm. ‘n Groepie ruiters het op die dier geskiet waarna dit nogeens wegswaai het in die rigting van die ruiters. Niemand het darem seer gekry nie.

Sondag die 14de November was hul in die omgewing van die huidige Garies gewees, en het die goewerneur sy verjaarsdag gevier.
Op die 21ste Oktober was die geselskap in die omgewing van die Koperberge (huidige Springbok).
Hoewel hier goeie koper erts neerslae gevind was,
was dit nie ‘n aangename omgewing gewees nie.
Daar was weinig water en brandhout.
Eiende November het hul ‘n droë riviermond bereik en ook die see. Etlike van die diere het seewater gedrink voordat hul gekeur kon word en gevrek.
Die geselskap het daarna om gedraai en met die terugreis begin.
Die geselskap was op die 26ste Januarie 1686 trug in die Kaap by die Kasteel gewees.

2.)L.D.Lourens. ‘n Venster op op ons verlede.
HAUM Uitgewers. 1971. Bl 122.

Die Van der Stelmyn is tussen Springbok en Carolusberg gelee. Dit is een van n paar prospekteergate wat van der Stel en sy mense gegrawe het. Hierdie een (foto) het die beste behoue gebly

Maak 'n opvolg-bydrae