Parys / Vredefort. OVS George Catherer Philip Gedenksteen

Parys / Vredefort. OVS

George Catherer Philip Gedenksteen

26 November 1906

George C Philip is op 29 jarige ouderdom hier deur ń weeligstraal doodgeslaan.

26,966860 27,391591

George C Philip is in Edinburg, Skotland gebore.

Gedurende die ABO het hy saam met die Britse Mag SA toe gekom.

Na die oorlog het hy in Suid-Afrika agtergebly en begin werk in Dept van Justisie.(Op monument staan afkorting ARS – Assistent Resident Magistrate.)

In Parys leer ken hy ń onderwyseres mej. Isobel Collen ook afkomstig van Edinburg Skotland en hulle raak verloof.

Op 26 November 1906 op 29 jarige ouderdom op pad terug vanaf Vredefort se hof na Parys toe tref die weerlig sy wa en is hy oorlede.

Na sy dood verhuis sy 28 jarige verloofde na Johannesburg. Sy is later getroud met Mnr Arthur Laurence Cheeseman, huisvader (1910-1937) en later visehoof van Jeppe Boy’s High. Sy is op 98 jarige ouderdom oorlede.

Die monument is deur sy vriende opgerig naby die plek waar hy getref is deur die weerlig. In die monument is ń blokkie pienk Parys graniet met inskripsie daarop vasgemessel. Die

Monument is baie naby aan die pad tussen Parys en Vredefort, kyk maar uit vir Boepensie Plaas Padstal, ook daar naby.

Baie dankie Boepensie padstal vir die heerlikste yskoue gemmerbier en die inligting.Februarie 2019.

Dankie Gysbertus Johannes Ströh vir die fotos en saamsoek. Februarie 2019

Weerlig in SA.

Volgens statistieke is jou kans in SA 1 uit 350 000 om deur ń weeligstraal getref te word. Die bekendste slagoffer is seker die digter Totius se dogter Wilhelmina wat gedurende ń geweldige donderstorm op hulle plaas deur ń weeligstraal in een van die slaapkamers getref is en op slag gedood is. Hy het toe die bekende gedig geskryf:

o Die pyngedagte:My kind is dood

o Die bliksemgedagte!…Ja, lieflingkind,

een straal het jou skone liggaam verskroei,…

Maak 'n opvolg-bydrae