Padrão Kruis Port Edward KZN

Padrão Kruis
Port Edward
KZN

Portugese Monument opgerig langs die see langs Splash Rock Port Edward.
Geen inligting op monument, lyk of bordjies verwyder is. Moeilik om inligting te kry

Die oorspronklike gedenksteen is sleg beskadig tydens ń storm. Die nuwe Padrão is opgerig deur die plaaslike gemeenskap in Port Edward, veral die Portugese gemeenskap.

In 1552 het die Portugese skip São João naby die huidige Port Edward op die rotse geloop. Dit was die eerste skip wat gestrand het aan die kus van suidelike Afrika. Die São João was onderweg op ń terugvaart vanaf Indië na Portugal. Swaargelaai met ware soos peper, Chinese porselein, krale, tapisirië en selfs slawe. Van die gerekende 600 persone aan boord het 100 hulle lewens verloor en die res het daarin geslaag om die strand te bereik. Dit was egter onbekende gevaarlike terrein met geen kans op redding ter see of ter land nie. Te voet het die groep kuslangs die pad aangedurf Mosambiek toe met die vergeefse hoop op ń skip wat hulle dalk kan raaksien. Slegs 21 van die oorlewendes het uiteindelik na ñ uitmergelende staptog Inhambane in Mosambiek bereik.
Eers in die 1980’s kon daar vasgestel word waar die skip vergaan het en soms spoel daar nog steeds porseleinstukke uit wat vermoedelik van die São Joãlo afkomstig is.
Jaarliks word daar ń Portugese Seevaarders Voedsel en Wyn Fees gehou wat saamval met die Sardientjie Fees en dan herdenk hulle diegene wat van die São Joãlo wat hulle lewens verloor het. Padão:
ń Padrão is ń groot klipkruis gewoonlik met die wapen van Portugal daarop gegrafeer. Dit was aangebring deur die Portugese seevaarders gedurende die tydperk van Portugese ontdekkingsreise om aan te dui dat Portugal aanspraak maak op daardie nuwe dele wat ontdek en verken is. Sommige Padrão dateer uit die laat 1400’s toe ontdekkingsreisigers soos Batholomias Diaz ń seeroete na die ooste toe gesoek het. 1488 het Bartholomias Diaz met sukses om die Kaap van Storms gevaar, by Mosselbaai aan wal gegaan en in konflik gekom met die Hottentotte oor vars water. Verder gevaar tot by Algoabaai waar hy moes omdraai aangesien bemanning geweier het om verder te vaar. By Kwaaihoek het hy ń Padrão opgerig en op sy terugvaart ook een by Lüderitz. Vandag staan daar replikas van die Padrão opgerig terwyl stukke van oorspronklike Padrão gevind is en bewaar word.
Fotos: Dankie Gysbertus Johannes Ströh 2018
Inligting: South Coast Herald en www.visitportedward.co.za

Uitreksel uit dokterstesis; (Dankie Gerard de Kamper)
https://repository.up.ac.za/…/2263/30473/Complete.pdf.
“Die Sao Joao (1552) en die Sao Bento (1554)
Porselein uit die Jiajing-tydperk (1522-1566)
Volgens die historikus, w.J. de Kock, in sy publikasie, “Portugese ontdekkers om die Kaap” , het die eerste opsienbare geval van ‘n Portugese skipbreuk .aan die SuidArikaanse kus op 8 Junie 1552 voorgekom toe ‘n swaar belaaide galjoen, Sao Joao, by die monding van die Umzimvubu1 met oor die 600 persone aan boord gestrand het. Twee jaar later het nog ‘n skip, die Sao Bento, op 22 April 1554, dieselfde lot te beurt geval. Hierdie twee skepe is die vroegste Portugese skepe wat van die Ooste op hulle terugvaart, aan die suidpunt van Afrika gesink het, waarvan skerwe en ander voorwerpe op die strande aangetref is. Die voorwerpe wat op die strande gevind is, en met hierdie wrakke verbind word, bied, onder meer, ‘n groot aantal porseleinskerwe as navorsingsmateriaal uit die vroegste maritieme handelsverbintenisse tussen die Ooste en die Weste.
Die Sao Joao het op 3 Februarie 1552 van Cochin in Indie op die terugtog na Portugal vertrek. Geen inligting oor die presiese grootte van die skip word aangedui nie, maar dit is bekend dat dit een van die grootstes tydens die “Carreira da India” was. Die beskrywing word aangevul met ‘n lys van die verskillende handelsware wat aan boord die Sao Joao was, terwyl karneoolse krale, edelgesteentes en porselein spesiaal vermeld word.
Die Sao Joao was volgens beskrywings nie net oorlaai nie, maar ook met swak seile toegerus. Probleme om die verlangde hoeveelheid peper in die hande te kry, het
veroorsaak dat die Sao Joao vertraag is en te laat uit Indie vertrek het om die gevreesde Kaapse storms te vermy. Hierdie roete is destyds as die gevaarlikste en mees inspannende van enige een ter wereld beskou. Storms het die skip geteister en nadat die bemanning op 11 Mei, na ongeveer 70 dae op see, Tafelberg reeds in sig gehad het, is die Sao J oao weer eens deur ‘n storm die diepsee in teruggedryf. Herhaalde storms het die skip verder geteister en uiteindelik, na ‘n lang en moeisame reis, het dit op 8 Junie 1552 aan die suidkus van Natal gestrand. Die kaptein, Manuel de Sousa Sepulveda, sy vrou, Leonora de Sa, wat van adellike afkoms was, hulle twee kinders en twintig man het eerste aan wal gegaan. Daar is verskeie kere na die boot toe teruggekeer voordat dit uiteindelik in die ontstuimige see vergaan het. Sowat 500 oorlewendes het die strand bereik. Die oorlewendes het ‘n tydlank op die plek waar die skip gestrand het gebly om soveel van die vrag as moontlik te probeer red en aan beseerdes geleentheid te bied om te herstel.
Volgens joernale het ‘n groep oorlewendes op 7 Julie 1552 die tog noordwaarts aangepak in die hoop om die naaste Portugese handelspos, Maputo, te bereik. Hierdie tog was die eerste van vele wat later deur ander Portugese skipbreukelinge aangepak sou word. Slegs 22 skipbreukelinge van die Sao Joao het uiteindelik oorleef om die verhaal te vertel wat in 1555 deur Alvares Fernandes geboekstaaf is. Die verskriklike ontberings wat deurgemaak is, het later deel geword van een van die klassieke verhale uit die 16de eeuse seevaartgeskiedenis
Die laaste rusplek van die Sao Joao was vir meer as vierhonderd jaar ‘n goed bewaarde geheim. Die porseleinskerwe wat op die strand by Port Edward en in die omgewing uitgespoel het, was die eerste tekens dat daar ‘n skeepswrak met Chinese porselein aan boord in daardie omgewing lê. Dit het eers gedurende die tagtigerjare van die vorige eeu duidelik geword dat hierdie omgewing die plek is waar die Sao Joao ondergegaan het.
Op 1 Februarie 1554, twee jaar na die Sao Joao, het nog ‘n skip, die Sao Bento, in ongeveer dieselfde omstandighede gestrand. Dieselfde lot het hierdie skip getref en dit het net soos die Sao Joao ook aan die Suid-Arikaanse kus gesink. Die kaptein was bewus van die lot wat die skipbreukelinge van die Sao Joao getref het omdat een van die oorlewendes van die Sao Joao ook aan boord van die Sao Bento was. Die 332 oorlewendes is geen ander keuse gelaat nie as om ook Maputo te probeer bereik nie en het op 27 April 1554 noordwaarts vertrek. Na dertien dae is daar op die wrak van die Sao Joao, wat twee jaar vantevore gestrand het, afgekom. Na talle ontberings soortgelyk aan die wat die oorlewendes van die Sao Joao ondervind het, het net 56 Portugese en 6 slawe van die Sao Bento op 12 November by die inboorlingkaptein Inhaca aangekom. Daar het hulle 5 maande lank gebly, en was hulle so te se slawe van die kaptein. Slegs 20 Portugese en 3 slawe het oorlewe, en is op 2 April 1555 deur ‘n Portugese skip in Maputo opgelaai en na Lissabon geneem.
Die verslag oor die lot van die Sao Bento is aangeteken deur Manuel de Mesquita Perestrelo, wat ‘n bemanningslid was, en het in 1564 in Lissabon verskyn. Die joernaal bevat belangrike inligting oor die stranding van die skip wat van onskatbare waarde is, maar skiet in baie opsigte te kort weens verskeie faktore en daar kan dus nie veel op gesteun word wanneer daar na ‘n wrak gesoek word nie. Bespiegelinge oor waar hierdie twee wrakke hulle presies bevind, was jare lank die rede vir verskeie soektogte aan die Suid-Afrikaanse kus, maar sonder enige sukses. Die enkele hengelaars wat die vroeëre Transkeise kus in die omgewing van die Msikabariviermonding besoek het, het lankal geweet van porseleinskerwe en karneoolse krale wat daar uitspoel. In 1969 het ‘n duiker op ‘n aantal kanonlope in die riviermonding afgekom waarna hy en ander duikers die vonds vir tien jaar lank geheim gehou. Navorsers van die Natal-Museum het minstens 18 bronskanonne aan wal gebring en besef dat dit van ‘n Portugese wrak afkomstig moet wees. Van watter wrak dit afkomstig was, was onseker. Die Sao Joao of die Sao Bento was die sterkste moontlikhede. C. Auret en T.Maggs het die wrak aan hand van die beskrywing van Perestrelo geidentifiseer waarin ‘n eiland genoem word, die datering van ‘n goue munt, en die groot hoeveelhede keramiekskerwe.
Die identifikasie van die Sao Bento het ongetwyfeld daartoe gelei dat die plek waar die Sao Joao gesink het, bepaal kon word. Die Sao Bento-oorlewendes se beskrywing dat hulle die wrak van die Sao Joao op hulle noordwaartse staptog teegekom het, het bevestig dat die wrak noord van die Sao Bento lê. Maggs het persoonlik die presiese roete van die Sao Bento-skipbreukelinge gestap deur die beskrywings in die joernaal van Perestrelo te volg, in ‘n poging om die plek vas te stel waar die Sao Joao gesink het. Weer eens was dit die keramiekskerwe, saam met sekere ander bakens, volgens die beskrywing in die joernaal, wat Port Edward as die plek bevestig het waar die Sao Joao gesink het.”

eGGSA  March 30, 2018

Nightingale shipwreck, Glenmore KZN

(by Y.Goldswain)

The Port Edward area has a long maritime history. This small resort town of Port Edward was the site of a shipwreck in 1552 when the Portuguese galleon Sao Joao ran aground, followed by the Sao Bento in 1554. 1878 saw The Ivy run aground near Leisure Bay. In 1933 nearby Glenmore Beach became the final resting place for the Nightingale, which the attached story and photos are all about….The Port Edward area is therefore a popular scuba diving destination.

The Village of Port Edward was set out in 1925 and named Port Edward in honour of the man who would later become King Edward VIII.

The Port Edward Lighthouse is a cornerstone of the history of Port Edward (only Port Shepstone Lighthouse is still operational).

The 137 ton steam vessel (fishing trawler/cargo ship) Nightingale ran aground on the rocks off Glenmore Beach in 1933 due to fog. Part of the wreck, the boiler and cylinder, can still be seen on the rocks and is accessible at low tide. Survivors were given food and blankets in a building now the Nightingale restaurant at Glenmore Sands resort – some photos and memorabilia still on display. Interested visitors can also still pick up pieces of porcelain or trader beads from past shipwrecks from the beach, particularly after storms and high seas. Some of the pieces of the trawler owned by Irving and Johnson can also be seen at the nearby (veld)school in Glenmore, the anchor, propeller and rudder (quietly rusting) but all still makes good viewing. The wreck itself has been geo-tagged.

From link below- As Port Edward is the site of one of the worlds most important shipwrecks this historical treasure is being formally investigated with a view to enhancing tourism to the area. In the 15th century, the Portuguese dominated the exploration of the world and the opening up of the trade route to the East. In 1552 the Sao Joao (St John, the Biggest ship afloat) was heading back from the East with an immensely valuable cargo of spices, Ming porcelain, beads and money cowries.

After losing full use of the sails and rudder in a storm off the Southern Cape, the master attempted to return to Delagoa Bay. The carrack never made it and after floundering off Port Edward, anchor was thrown and a party landed with a view to bringing the crew and passengers ashore. A further wave pushed the vessels onto the rocks, with the loss of about 100 souls. The remaining approximately 400 survivors embarked on an epic land journey in an attempt to reach Delagoa Bay.

Only a few survivors eventually made it home to Portugal carrying with them the sad tale of the loss of one of the world’s great ships and the trials and tribulations of the sea. This wreck is still regarded as one of the greatest disasters at sea. The survivors’ journey was the first interaction of people from Europe with the coast, hinterland and the people of this great area.

A living monument of the wreck has been erected in Port Edward. Every year a Portuguese festival is celebrated to commemorate the lives lost at sea.

Sources http://www.gosouthcoast.co.za/n…/77-shipwreck-at-port-edward

Fotos voor storms verwoesting gesaai het: Dankie Hetta Scholtz

Saint John. Skip. Sao Joao. Port Edward. Ek het gesukkel met die besluit oor watter fotos om te plaas en watter nie. Toe besluit ek om almal met julle te deel. Dis hoekom ek die fotos neem. Sodat die inligting bewaar bly. Hetta Scholtz. Facebook Monumente

https://wrecksite.eu/wreck.aspx?128619
http://www.sahistory.org.za/a…/list-south-african-shipwrecks

Laat 'n boodskap