Keetmanshoop / Namibië / Covid-19 Monument

Keetmanshoop Namibië

Covid-19 Monument

Keetmanshoop Munisipaliteit het April 2022 ń Covid -19 Monument opgerig in die dorp se sentrale park.

Die Monument se doel is om familie, vriende en kennisse te onthou wat tydens die pandemie gesterf het.

Name van oorledenis is op die plaat aangebring.

Burgemeester McDonald Hanse het tydens die onthulling gesê dat Covid-19 soos ń dief in die nag gekom het om geliefdes te steel.

Gelukkige gesonde en produktiewe mense in die samelewing is in ń oogwink weg.

Wat alles nog erger gemaak het, is dat daar nie behoorlik afskeid geneem kon word nie en die vertroosting van familielede en die gemeenskap is die agtergeblewendes ontneem.

Hy hoop dat hierdie monument as herinnering sal dien aan gestorwe geliefdes en ń plek wat naasbestaandes kan besoek om genesing te kan vind.

Lynn Dausab wat ń vir hierdie gebaar en gesê: “Every day, I still wait for them to come home. It’s as if they are on a long trip. We were not able to get close to their coffins, much less their bodies, and we stood a far distance away to watch them being buried.”

Bron en foto’s: Namibian April 2022. Facebook.

Maak 'n opvolg-bydrae