Troepetrein / Treinongeluk / 25 Maart 1977 Keetmanshoop

25 Maart 1977

Keetmanshoop

Treinongeluk

Troepetrein

25 Maart 1977

‘n Passasierstrein met 700 soldate aan boord hou in die laat nag stil by die Spoorwegstasie Keetmanshoop.

Díe soldate is op pad terug RSA toe vanaf hulle basis by Eenhana op die grens tussen Suidwes-Afrika en Angola waar hulle grensdiens verrig het. Soldate is van die Regiment Westelike Provinsie.

Alles op die stasie is stil, die troepies slaap na hulle spanningsvolle diens op die grens.

Die troepetrein wag vir ‘n aankomende trein vanuit Windhoek voordat die reis voortgesit kan word.

VRAGTREIN

Ondertussen stoom ‘n vragtrein nader. Gelaai met ‘n vrag klippe. Diesellokomotief vooraan.

Die trein was oorlaai, die remme foutief en ‘n steil afdraende voor Keetmanshoopstasie laat trein spoed vermeerder en die lokomotief kon dit nie beheer nie.

BOTSING

Die masjienis besef skielik dat die wisselaars by die stasie nie in plek is nie en die vragtrein is op dieselfde baan as die wagtende troepetrein.

Die hulp-masjienis spring van die vinnig-bewegende lokomotief af en probeer vergeefs die wisselaars verander.

3h00 die oggend 25 Maart 1977 bots die swaar vragtrein teen die troepetrein met skrikwekkende gevolge.

Troepe is vasgedruk in stikdonkerte tussen slaapbanke en bagasie.

Gille van pyn en skok weerklink.

Hulp daag van orals op. Manne word uitgesny uit wrakke.

Plaaslike dokters en hospitale help almal. Ernstig beseerdes vervoer na Militêre Hospitaal Wynberg Kaap.

5 Troepe sterf.

71 baie ernstig beseer.

GEDENKSTEEN

By die hoofingang van die Stasiegebou Keetmanshoopstasie is ‘n gedenksteen opgerig vir die slagoffers van hierdie grusame treinongeluk.

VERHOOR AGTER GESLOTE DEURE

Hierdie voorval is in groot geheimsinnigheid hanteer. Die area was onmiddelik afgesper en foto’s verbied. Soos kan sien in pos het daar egter wel foto’s uitgelek.

Agterna het alles soos die ondersoek en bevindinge agter geslote deure plaasgevind.

Moontlikhede soos ñ opsetlike aanval op die trein deur vyande van land was van die aanklagtes en is ondersoek.

Daar is weersprekende menings en verklarings.

Party bronne gee die weergawe soos ek dit in die berig gegee het. Die vragtrein het van agter in troeptrein gebots. Troepe op pad terug Republiek toe.

Die ander berig dat Troepe nog op pad was grens toe. Lokomotiewe van voor met mekaar gebots.

So ook die remme. Dit was foutief en almal betrokke het geweet. Die trokke was reeds daarheen gestuur om daardie rede. Ander beweer anders, remme het later eers onklaar geraak.

Die vragtrein was oorlaai, ander ontken dit.

Waarom is vragtrein gou ingebring voor trein uit Windhoek of was dit die trein waarvoor gewag is?

Waarom is wisselaar nie verander nie?

Wie was skuldig?

Sluier is daaroor getrek.

Hierdie pos het bietjie pandora se boks oopgekrap. Dalk kom daar meer inligting uit. Daar was immers baie manne op die troeptrein.

BRONNE: https://www.republikein.com.na/…/geen-makietie-vir…

https://www.namibia-accommodation.com/…/keetmanshoop…

Inligting versamel: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae