JG Strydom
Beeld voor Munisipale kantore
Nylstroom
JG Strydom
Die Eerste Minister van die Unie van SA 1954 tot 1958 wat met groot ywer gestreef het vir die Republiekwording van Suid-Afrika.
Adv JG Strijdom vestig sy prokureurspraktyk in 1918 in Nylstroom en begin sy politieke loopbaan wat hy tot en met sy dood in 1958 vol staan.
Beeldhouer Danie de Jager skep ñ bronsbeeld van hierdie vasberade, standvastige ywerige vegter vir ñ onafhanklike vrye Republiek van Suid-Afrika. Getrou aan Danie de Jager se aard en talente beeld hierdie bronsbeeld duidelik die karaktereienskappe van Adv JG Strijdom uit en beklemtoon sy ferm forse geaardheid en optrede.
Die beeld van JG Strijdom is 10 Oktober 1972 in Nylstroom onthul en kyk nog steeds streng uit oor die Waterberge.
Bron: Internet. Danie de Jager
Foto’s: Gys Ströh snr Augustus 2023
Samesteller : Kobie Ströh (Vaaldriehoek Kultuurnetwerk )
Vir meer inligting oor JG Strijdom:
https://m.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/1740254946396084/?mibextid=Nif5oz