Nuwejaarsvoornemens

Eggsa-pos:

NUWEJAARSVOORNEME

‘n Nuwejaarsvoorneme is ‘n goeie voorneme wat gewoonlik aan die einde van ‘n jaar geneem word. Iemand besluit om in die nuwe jaar sekere goeie dinge te doen of om slegte gewoontes af te sweer of om sekere gedrag te verander.

Dit is eintlik ‘n belofte wat jy aan jouself maak.

Nuwejaarsvoornemens is algemene tradisie oral oor in die Westerse wêreld, maar selfs in sommige Oosterse lande vind dit ook plaas.

In sommige dele van Asië glo mense dat hulle op 31 Desember hulle huise deeglik moet skoonmaak om van negatiewe energie ontslae te raak en om skoon te wees om die positiewe energie van ‘n nuwe jaar te verwelkom.

VREEMDE NUWEJAARSTRADISIES /BYGELOWE

Om middernag moet baie geraas gemaak word en luidrugtig gepraat word om bose geeste af te skrik.

Sjina: Vuurwerke maak geraas en die vuur en lig help ook om die bose geeste te verdryf.

As jy op Nuwejaarsdag geen geld in jou sak het nie, gaan jy die hele jaar platsak wees.

Babas wat op Nuwejaarsdag gebore word, sal ‘n lang en gelukkige lewe hê.

Op Nuwejaarsdag moet nuwe klere aangetrek word wat sal verseker dat jy die nuwe jaar baie nuwe klere sal kry.

Rooi klere is die beste want dit is ‘n gelukkige kleur wat goeie geeste se aandag sal trek.

Moet nie op Nuwejaar iets breek of huil nie, want dit voorspel niks goeds nie.

Moet nie skottelgoed was nie, dit lei tot dood in die familie.

Dans buite om ‘n boom vir liefdesgeluk, voorspoed en gesondheid.

Dit bring baie ongeluk as jy ‘n kalender voor 1 Januarie ophang.

Haal ‘n tas uit die kas en loop daarmee om die blok, jy sal verseker in die nuwe jaar ‘n heerlike reis kan aanpak.

Poolse tradisie: Staan vroeg op Nuwejaarsdag en dan sal dit maklik wees vir die res van die jaar.

Italië: Gooi goed by die venster uit om plek te maak vir goeie dinge wat kom.

OUJAARSAAND

Oujaarsaand word gewoonlik met ‘n gees van opgewondenheid gevier.

Sommiges hou partytjie, skiet vuurwerke of reël groot familiekuiers.

Ander weer wag die nuwe jaar biddend in dankbaarheid en hoop in.

Afskeid word geneem van ‘n ou jaar en ‘n nuwe jaar word ingewag.

Die aftelling begin kort voor middernag, sjampanje proppe skiet, met soene en drukkies wens mense mekaar net die beste in die nuwe jaar toe.

Nuwejaarsvoornemens word geneem.

ALGEMEENSTE NUWEJAARSVOORNEME

Die mees algemeenste nuwejaarvoornemens is:

Oefen meer

Verloor gewig

Leer nuwe vaardighede of stokperdjies

Raak meer georganiseerd

Spaar of spandeer minder

Hou op rook

Spandeer meer tyd aan familie en vriende

Minder alkohol gebruik

Reis

Lewe voluit

Veral jonger mense (18 – 35 Jaar) neem graag Nuwejaarsvoornemens.

Mense ouer as 55 neem selde Nuwejaarsvoornemens.

Meeste van hierdie Nuwejaarsvoornemens faal binne die eerste 3 maande van die jaar. Slegs sowat 46% slaag daarin om ‘n nuwe blaadjie om te slaan.

Die tweede Vrydag in Januarie word hoeka Quitter’s Day genoem en 17 Januarie staan bekend as Ditch New Year’s Resolution Day.

Meeste Nuwejaarsvoornemens is onrealisties en dit is waarom dit misluk.

Dit Is ook die rede waarom baie mense voel dit is ‘n nuttelose tradisie.

Nuwejaarsvoornemens kan mense angstig laat voel.

DIE WAARDE VAN NUWEJAARSVOORNEME

Hierdie persoonlike doelwitte en voornemens wat jy vir jouself stel kan tog van waarde wees:

Help met beplanning vir ‘n nuwe jaar.

Hou jou doelgerig en gedissiplineerd.

Kan gedrag verbeter

Kan ongewensde gedrag verander.

Sekere dinge kan spesiale aandag kry.

Help om ‘n persoonlike doelwit te bereik.

Kan hoop, inspirasie en geesdrif gee vir die toekoms, veral as doelwitte bereik word.

Nuwejaarsvoornemens het ‘n groter kans om te slaag as doelwitte wat deur loop van jaar gestel word.

WENKE VIR NUWEJAARSVOORNEME

Nuwejaarsvoornemens moet nie ligtelik en oorhaastig geneem word nie.

Dit moet met erns deeglik oordink word.

Wees realisties en selektief. Voornemens moet haalbaar en bereikbaar wees. Liewer maklik as onbereikbaar.

Moet nie te veel en te groot veranderinge maak nie, begin klein. Een voorneme is beter as geen voorneme.

Koppel ‘n datum aan jou persoonlike doelwit. Dit kan korttermyn of langtermyn wees.

Verwoord jou Nuwejaarsvoornemens of doelwitte, skryf dit neer. Kyk gereeld daarna om jouself te herinner en tik af dit wat suksesvol was.

Jy kan jou Nuwejaarsvoornemens met ‘n vertroude vriend deel om te help om jou vordering te monitor, maar onthou dit is jou persoonlike doelwitte.

Jy kan nie doelwitte vir iemand anders stel nie, dit is jou persoonlike doelwitte en moet vir jouself belangrik wees.

Bly postief en laat ruimte vir foute, onthou die lewe verloop nie altyd volgens plan nie en maak soms onverwagte wendinge.

Bly geestelik reg ingestel.

Dit is jou persoonlike doelwitte. Dit kan altyd oorgedra word na ‘n volgende jaar.

VOORSPOEDIGE NUWEJAAR!

MAG AL JOU NUWEJAARSVOORNEMENS SUKSESVOL WEES!

Bronne: Internet, Facebook. Joernaal van Kliniese Sielkunde, Bygelowe en waar hulle vandaan kom (Anton Prinsloo)

Illustrasies geleen vanaf Internet

Bydrae deur Kobie Ströh

Brokkies, Staaltjies en Gewoontes uit die verlede.

Maak 'n opvolg-bydrae