Slag van Mosega / Matabeles / Groot Trek

17 Januarie 1837.

Die Slag van Mosega.

Pos deur John Roderick:

Die Slag van Mosega

Mosega is die “hoofstad” van die Matabeles gewees.

Mosega is nie een groot stad gewees nie, maar het uit ongeveer 20 krale verspreid van mekaar bestaan.

Mzilikazi, ñ generaal uit die dae van Tshaka is die koning van die Matabele gewees.

Die slag van Mosega is ‘n direkte gevolg van die slag van Vegkop in Oktober 1836 gewees.

Vegkop is voorafgegaan deur die Vaalrivierslag, sowel as die Liebenbergmoorde.

Kalipi, aanvoeder en generaal

in die Matabele – weermag, het na afloop van hierdie gevegte enorme troppe vee van die Voortrekkers weggedryf.

Van der Merwe, in sy werk “Die Matabeles en die Voortrekkers” stel dit dat afgesien van menselewens, 3726 beeste, 50745 skape & bokke, 945 trekosse, 96 perde, en vier kakebeenwaens deur die Matabeles gebuit was.

Die kommando het in twee dele teen die Matabeles uitgetrek.

Die een deel is onder aanvoering van

Hendrik Potgieter gewees en die tweede deel onder

Gert Maritz.

Volgens Maritz het die kommando in totaal bestaan uit 107 Voortrekkers, 40 Basters, en 60 Baralongs.

Mzilikazi se mag is deur die sendeling Moffat geskat op 5000 man.

Die geveg is ń totaale verassing gewees, en

het teen ongveer 5H00 die oggend begin.

Rondom 12H00 die middag is die slag verby gewees.

Sowat 15 krale is verwoes.

Hoewel ‘n gedeelte van die geroofde vee teruggevind is, was dit nie voldoende nie.

Kalipi, Mzilikazi se generaal, is ook nie teenwoordig gewees nie en hoewel die slag deur die Voortrekkers gewen is, was Mzilikazi se mag gewis nie gebreek nie.

Om hierdie rede is die slag van Mosega later opgevolg met die van Kapain.

Tydens Kapain is Mzilikazi se mag finaal vernietig.

Daarmee het Potgieter sy oogmerk bereik, naamlik om die binneland veilig te maak vir vestiging van die Voortrekkers.

Fotograaf onbekend. Plek waar monument staan is ook onbekend.

Maak 'n opvolg-bydrae