Die Kein Kerkie. The Little Church Van Reenen Pas.

Die Kein Kerkie. The Little Church

Van Reenen Pas.

Een van die kleinste kerkies ter wêreld en die enigste Rooms Katolieke Kerk in privaatbesit.

Kerkie is gebou deur Maynard Matheus ter ere van sy seun Llandaff Matheus wat 19 Maart 1925 gesterf het tydens ñ reddingspoging om myners te red uit die Burnside Colliery.

Maynard wou ñ gedenkplaat in Roomse Kerk Ladysmith plaas, maar sy versoek is geweier. Daarop besluit hy om sy eie kerkie op sy eie grond te bou en die gedenksteen daarin te plaas. Die kerkie het slegs 8 sitplekke, een vir elke lewe wat sy seun gered het uit die myn uit.

Die kerkie is ñ volwaardige kerk en gereelde dienste word daar gehou en is ñ gewilde trou venue.

1960 is hierdie kerkie verklaar as ñ nasionale monument.

Laat 'n boodskap