WESTDENEDAM-RAMP Busramp Johannesburg

WESTDENEDAM-RAMP

Busramp

Johannesburg 

27 Maart 1985

Die Westdenedam-ramp is ‘n busongeluk wat op 27 Maart 1985 in Westdene, Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind het. Die bestuurder het beheer oor die bus verloor en deur die versperring om die dam gebars en in die dam beland. Die bus het skoliere van Hoërskool Vorentoe vervoer. Die ramp het die lewens van 42 kinders geëis. Die meeste van die kinders het waarskynlik verdrink, aangesien die impak van die botsing nie so groot was nie.

ONGELUK

Op 27 Maart 1985 omstreeks 13:30 het die bus wat die skoliere huis toe vervoer het, deur die damversperring gebars en in die dam ingery. Enkele oomblikke later het omstanders, onderwysers en medeskoliere soveel moontlik leerders probeer red totdat die nooddienste opgedaag het. Die oorlewende kinders is almal na die JG Strydom-hospitaal (nou die Helen Joseph-hospitaal)[2] geneem vir behandeling.

ONDERSOEK

Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie. Die bestuurder, Willem Horne, kon nie onthou wat gebeur het nie aangesien hy kort voor die ongeluk sy bewussyn verloor het. Die ondersoek het getoon dat geen misdaad vermoed word nie en dat die bestuurder nie onder die invloed of nalatig was nie en is gevolglik vrygespreek.

DIE VOLGENDE KINDERS HET HUL LEWENS IN DIE RAMP VERLOOR

Blignaut, Anna, Botha, Anne-Lize, Botha, Henrietta, Bruin, Caroline, Coetzee, Denise

Dreyer, Hendrik, Du Plooy, Linda, Du Plooy, Reinette, Du Toit, Francois, Els, Jacobus

Erasmus, Karen, Fritz, Francina, Horing, Adriana, Hurwitz, Jacqueline, Jacobs, Anel

Jooste, Lelanie, Kleinhans, Adre, Koen, Petrus, Kruger, Clasina, Kruger, Maria

Lira, Riaan, Ludick, Madeleine, Mans, Cornelius, Marshall, Elmarie, Marx, Conrad

McLaughlin, Belinda, Meyer, Catharina, Myl, Mary-Ann, Morris, Anna, Ouwenkamp, Albertus

Pieters, Tanya, Pretorius, Connie, Pretorius, Elizabeth, Rautenbach, Thelma, Reynders, Hester

Strydom, Charl, Swanepoel, Vinette, Swart, Andries, Van der Westhuizen, Petrus Van Heerden, Elsa

Van Tonder, Anna, Venter, Deon

*Die Du Plooy-familie het hul twee dogters in die ramp verloor: Reinette en Linda. Pieter Koen het 5 medeskoliere gered, maar het self verdrink terwyl hy besig was om ‘n sesde slagoffer te help. Vyf-en-dertig kinders is in die Westparkbegraafplaas begrawe.

TOEKENNINGS VAN DAPPERHEID

Pieter Koen en Danie Theron is albei die Woltemadedekorasie vir Dapperheid-Silver toegeken vir hulle optrede tydens die ramp. Danie Theron het in 1989, vier jaar na die ongeluk, sy eie lewe geneem.

*****

Adri (Toerien) Becker :

“Gesiggies …..

Ek dink so baie aan julle ,

Gesiggies uit die verre verlede

Partykeer met n diepe heimwee….

En dan soms ….net soms…

Met n siel wat kranksinnig hier

diep binne my skreeu !!!!

Ja ,… Ja, dis al lankal deel

van die verlede,

en tog ..

Spreek die verlede nog elke dag !

Hier in die hede.”

Those of us that are still “surviving” – Sterkte!. Let’s make them proud . . . .”

Maak 'n opvolg-bydrae