Klein Kerkie Mary Myrtle Riggs Memorial Church Bonnievale

Klein Kerkie

Mary Myrtle Riggs Memorial Church

Bonnievale Wes-Kaap

Die enigste kerkie sover bekend wat gebou is op versoek van ñ kind.

Christopher Forrest Riggs is ongeveer 1861 in Skotland gebore en verhuis op 2 jarige ouderdom na Suid-Afrika waar hulle vestig op die dorpie Barberton. Christopher Riggs bekwaam hom as plofstof operateur in goudmyne en werk op verskillende plekke in SA. In 1894 sy tweede huwelik met die 19 jarige Lilian Isobel Moon van Robertson distrik.

Hulle oudste dogter Mabel is gebore in 1895 in Lindley en sterf ook daar in dieselfde jaar. Die tweede dogter Gladys is ook gebore in Lindley, maar sterf 9 maande later.

Daarna 1900 verhuis die Riggs na Bonnievale waar die derde dogter Mary Myrtle Riggs 1903 gebore is.

Mary Myrtle Riggs is gebore 1903 en het streng godsdienstig grootgeword. Sy was pragtig, liefdevol en sterk gelowig. Sy het graag in die lusernlande gespeel.  Op 7 jarige ouderdom 1911 sterf sy agv breinvliesontsteking. Op haar sterfbed vra sy dat haar pa vir haar ñ kerk sal bou.

Inhaar gunsteling lusernveld waar sy altyd graag gespeel het, bou haar pa vir haar ñ kerkie en later ontstaan daar  ñ familie begraafplaas. Langs haar is haar ma in 1949 begrawe.

Die kerkie is gebou in Normandiese styl van klip van ñ nabygeleë heuwel ( ñ tydsame proses), die vloer van marmer vanuit Italië, loodglasvensters uit Engeland, die hoofdeur vanuit Zanzibar ( oorspronklike tronkdeur toe reeds 300 jaar oud), sydeure en meubels vanuit Knysna. Die koepelvormige dak van klip uit rivier is bedek met 2 duim laag soliede lood toe dak blyk te lek.

Die koster se kamer is in die kloktoring, bereikbaar deur ñ staaltrap.

Bokant die hoofdeur is ñ portret van Mary Myrtle Riggs en in agtergrond is ñ roosboom met 7 rose, een vir elke lewensjaar van Mary Myrtle.

Die hoeksteen is gelê in 1921 en die eerste Anglikaanse diens is in 1924 gehou.

1977 het Bonnievale Munisipaliteit kerkie gerestoureer.

Maak 'n opvolg-bydrae