Die eerste blanke kindjie in die Kaap gebore / Willem Wylant / 1652

6 Junie 1652

Die eerste blanke kindjie in die Kaap gebore.

Willem Wylant

6 Junie 1652

Wie van ons weet wie was die eerste blanke kindjie gebore in Suid-Afrika?

(Bydrae aan eggsa deur Kobie Ströh)

6 April 1652 het Jan van Riebeeck met 3 skepe vol mense in Tafelbaai aangekom. Daar was omtrent 100 mense op daardie skepe, meestal mans, net 5 was vrouens. Jan van Riebeeck se vrou en 2 niggies vir wie hy voog was, die vrou van die hooftuinier en die swanger vrou van die Sieketrooster, Willem Barents Wylant, was die enigste vrouens.

6 Junie 1652 is die eerste blanke kindjie hier gebore, ‘n seuntjie,en sy naam was Willem Wylant.

Almal het maar in tente gewoon, maar ‘n groot stuk van die fort was al klaar gebou en Jan van Riebeeck het vader en moeder Wylant in die halfvoltooide fort laat intrek vir die geboorte en om hulle te beskerm teen al die gevare van die nuwe land.

20 Augustus 1653 is klein Willem gedoop deur ds Fronten, ‘n predikant op een van die skepe wat aan die Kaap aangedoen het. Die seuntjie van bietjie meer as een jaar is op ‘n Woensdag gedoop aangesien die skip nie kon vertoef tot die Sondag nie.

Klein Willem was lank die enigste kindjie in die Kaap.

Maria van Riebeeck se seuntjie Abraham is gebore 17/18 Oktober 1653.

Willem se boetie Johannes is gebore toe hy 3 jaar oud was.

Kort daarna 8 Desember 1655 is die eerste dogtertjie gebore, dogtertjie van Mnr en Mev Frederik Verburgh, maar sy is ongelukkig kort daarna op 16 Desember weer dood.

Die kindertjies was maar min en moes baie mooi opgepas word in hierdie wilde land met al sy gevare. Veral die “Strandlopers” moes baie mooi dopgehou word want hulle het nie geskroom om die kinders te gryp en al hulle knope van hulle baadjies af te ruk nie.

Journal of Jan Van Riebeeck Volume 1 / 1651 – 1655

6 Junie 1652 “this evening the sick-comforter’s wife was delivered of a son*, the first child to be born within the Fort of Good Hope; fot this reason we had given the sick-comforter accommodation in the fort only the day before yesterday, no one else having lived there up to the present. We have all been living together in the tents pitched outside the fort for the time being, but we hope that next week most of us will be able to move inside….” P 43 Journal of Jan van Riebeeck volume I 1651-1655

* The son of the sick-comforter Willem Barentssen Wijlant was the first European child born at the Cape, and therefore., by virtue of his birth, the first South African! On 12 August 1655 the birth of the sick-comforter’s second son is mentioned in the Journal. P43

20th August 1653 “Very fine weather. The sick-comforter’s child ( born last year) was baptized and tke Lord’s Supper* celebrated here on land by the minister Fredericus Fronten, who had arrived with the Phenix**. This was done to-day instead of Sunday in order not to detain the ship expressly fot that purpose.”

* …the first European born at the Cape and also the first to be baptized at the Cape.

** The Rev. Fredericus Fronten was appointed as minister for the East Indies in April 1653. When he administered communion at the Cape , he was actually on his way to Batavia….

17th and 18th October 1653 “…Van Riebeeck’s wife was delivered of a son * during the night, the second to be born in the fort of Good Hope.”

*This son, whose name was Abrham, was in later years (1709- 1713) to attain the highest position in the Company”s service on the East Indies, namely that of Governor-General.

Uit : AFRIKANER EN BOER — EEN AFRIKANERVOLK – Willie van der Grijp

“Vier jaar na die tagtigjarige geloofsoorlog van 1568 tot 1648 het Jan van Riebeeck se drie skepe op 6 April 1652 in Tafelbaai voor anker gelê. Op 6 Junie 1652 is die eerste blanke kind op Suid- Afrikaanse bodem gebore. Die sieketrooster Willem Wylant het sy kind aangemeld as ‘n Afrikaander! Die Kommandeur se seun wat in Oktober 1653 gebore is, was later die enigste Afrikaander wat Goewerneur-generaal van Oos- Indië geword het.”

Sieketrooster

WYLANDT, WILLEM BARENTZ (OON)
Skrywer: AR Olivier
WYLANDT, WILLEM BARENTZ(OON) (?–?) was pas tot die amp van sieketrooster* toegelaat, toe hy hom op die Drommedaris in die geselskap van Jan van Riebeeck* bevind het wat op 16 April 1652 Tafelberg die eerste keer aanskou het. Hy was ’n Groninger en familielid van Van Riebeeck. Tussen sy aanmelding en aanstelling moes hy hom eers in musiek bekwaam voordat hy toegelaat is. Sieketroosters het verskillende benamings gehad en is op skepe voorlesers genoem. Hulle werk was geestelik van aard en by een geleentheid is Jacob Mattheus vir ’n kort periode die reg gegee om die doop* by hoë uitsondering te bedien. Predikante* het die Kaap aan die beginjare van die vesti­ging maar sporadies besoek en daarom het Wylant en drie ander sieketroosters die Woord* van God aan die Kaap bedien. Hy het die eerste pa geword vir wie ’n wit kind aan die Kaap in die fort op 6 Junie 1652 gebore is. Wylandt doen op 20 April 1655 verslag aan die Klassis van Amsterdam en die Here Sewentien. Hierdie verslag is ’n pragtige voorbeeld van 17de-eeuse Neder­lands, wat byna as Afrikaans* aandoen.

Op 10 Maart 1656 het hy op die jag Weesp na Batavia vertrek om daar diens te doen. In Batavia versoek hy om na Melacca te gaan en op 8 Junie 1657 vertrek hy op die Princes Royael daarheen. Hy het moontlik die res van sy lewe daar diens gedoen.

Maak 'n opvolg-bydrae