Die eerste sooie word gespit.
Gedurende April 1837 het ‘n groep van ongeveer ‘n honderd Britse Setlaars die staning van die
Voortrekker Petrus (Piet) Lafras Uys besoek.
Die Uys geselskap het die Kolonie vanaf die Uitenhage distrik verlaat. Dit is opgeteken dat op die
8ste April 1837 die Uys trek uit sowat 113 mense en 23 waens bestaan het. (1)
Hierdie was veel meer as net ‘n blote welwillendheids besoek. Hierdie was ‘n besoek waartydens
die Setlaars, asook inwoners van Grahamstad hul agting en respek aan die Uys familie betoon het.
Tydens hierdie geleentheid was ‘n pragtige State Bybel aan die patriarg, Jacobus Uys oorhandig.
(Hierdie Bybel was gebruik tydens die eerste opgetekende Kerklike diens gehou binne ‘n Kerk,
noord van die Oranje rivier. Tydens hierdie geleentheid was die sogenaamde Uys klip ook opgerig.)
Op die 16de Desember 1975 was was ‘n klipstapel op die plek van oorhandiging gepak.
Dit was tydens hierdie geleentheid dat die idee ontstaan het om ‘n meer sigbare monument op te rig.
Dieselfde dag was ‘n kommitee,
spoedig bekend as die Bybel monument kommitee in die lewe geroep.
Aanvanklik het dr. E. G. Jansen as beskermheer opgetree, en later (staatspresident) C. R. Swart.
Daar was besluit dat die monument ‘n oop Bybel sou voorstel. Professor Thornton-White was verantwoordelik vir die ontwerp gewees. (2)
Die monument in geheel was gebou uit ongekapte klip vanuit die omgewing.
Elke deel was 5,5 meter lank, en 11 meter van end tot end groot. Elk van die twee dele bevat aparte koper panele. Op links is daar ‘n afbeelding van onder andere die Bybel oorhandiging,
en na regs is afbeeldings van die Jacobus Uys, sy seun Petrus, en sy vrou Alida Uys.
Bouwerk het op die 13de Augustus 1962 begin, en was sowat 10 weke later voltooi.
Die monument was op die 17de Desember 1962 deur die staatspresident C. R. Swart onthul.
1.)J.C.Visagie. Voortrekker Leiers en Roetes.
Die Erfenisstigting. 2013. Bl 51.
Afrikanerbakens. Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1989. Bl 69.
(Kan iemand dalk help met beter fotos van die monument?)
Monement Jagter:
John Roderick
__________________________________________________________________________________________________________________
Mei 1933
Die eerste volledige Afrikaanse Bybelvertaling
Die Bybel het nog altyd ñ baie belangrike rol in die lewe van elke Afrikaner gespeel. Aanvanklik is die Hollandse Statebybel gebruik . Die Nederlandse Statenbijbel is op elke trek die binneland ingeneem.
By die Voortrekkermonument Pretoria word op een marmerfries uitgebeeld hoe Jacobus Uys April 1837 ñ Nederlandse Bybel ontvang as afskeidsgeskenk vanaf afgevaardigers van die Britse Setlaars. Ongeveer 100 engelssprekende inwoners van Grahamstad oorhandig die familiebybel aan Trekkers om saam te neem op hul tog die binneland in as blyk van agting en spyt oor hulle vertrek en bede dat hulle deur die Heilige Skrif gelei sal word.
In Grahamstad is ook ñ Bybelmonument opgerig op die plek waar die trekkers uitgespan het om die gebeurtenis te herdenk. Dit bestaan uit 2 klipmure in die vorm van ñ regopstaande geopende Bybel. Geopende teks wys in trekrigting. Twee bronsplate, op een word die 3 Setlaarsleiers uitgebeeld en op die ander Uys, sy vrou en hul seun Piet. Die Bybelmonument op Grahamstad is op 17 Des 1962 deur Staatspresident CR Swart onthul. Die bronsplate is gesteel maar vervang deur plastiese plate deur die NG Kerk Grahamstad.
Sept 1872 pleit Arnodus Pannevis vir ñ Afrikaanse vertaling van die Bybel want die Nederlandse Statebybel is vir “de ennvoudige gedeelte der bevolking” ñ geslote boek omdat hulle dit nie meer verstaan nie.
1884 begin ds SJ du Toit formeel met die vertaling.
1920 verskyn ñ proefuitgawe van die Evangelies rn Psalms.
1923 het ñ groep die taak aangepak drr JD du Toit, JD Kestel en HCM Fourie.
Mei 1933 kom die eerste besending van 10 000 Afrikaanse Bybels in Kaapstad aan vanaf London. Volledige Afrikaanse Bybel, al die kanonieke boeke vertaal vanuit die oorspronklike tale. Elke gemeente het feesgevier en in 1933 alleen is 150 000 eksemplare versprei.
Die Bybel in eie taal…..Afrikaans!
Monument Jagter:
Gys (Snr) en Kobie Ströh
Bybelmonument
Grahamstad
Die Bybel het nog altyd ñ baie belangrike rol in die lewe van elke Afrikaner gespeel. Aanvanklik is die Hollandse Statebybel gebruik . Die Nederlandse Statenbijbel is op elke trek die binneland ingeneem.
By die Voortrekkermonument Pretoria word op een marmerfries uitgebeeld hoe Jacobus Uys April 1837 ñ Nederlandse Bybel ontvang as afskeidsgeskenk vanaf afgevaardigers van die Britse Setlaars. Ongeveer 100 engelssprekende inwoners van Grahamstad oorhandig die familiebybel aan Trekkers om saam te neem op hul tog die binneland in as blyk van agting en spyt oor hulle vertrek en bede dat hulle deur die Heilige Skrif gelei sal word.
In Grahamstad is ook ñ Bybelmonument opgerig op die plek waar die trekkers uitgespan het om die gebeurtenis te herdenk. Dit bestaan uit 2 klipmure in die vorm van ñ regopstaande geopende Bybel. Geopende teks wys in trekrigting. Twee bronsplate, op een word die 3 Setlaarsleiers uitgebeeld en op die ander Uys, sy vrou en hul seun Piet. Die Bybelmonument op Grahamstad is op 17 Des 1962 deur Staatspresident CR Swart onthul. Die bronsplate is gesteel maar vervang deur plastiese plate deur die NG Kerk Grahamstad.
Dankie Kobus En Anna-Marie Haarhoff en Johan Haarhoff vir die fotos van herstelde monument. 2018.