Boeremusiek Monument


Leeupoort Vakansiedorp. (Tussen Bela Bela en Thabazimbi)

Heel eerste monument van sy soort in Suid-Afrika, opgerig in 2004.
Hulde word gebring aan bekende orkeste en orkeslede wat legendes is soos Nico van Rensburg, Ben Vorster, Manie Jackson ens.
Ter ere van Boeremusiek. Boeremusiek is eg Afrikaans en Suid-Afrikaans, beslis herkenbaar en is gebore en ontwikkel in Suid-Afrika.
In vroeër tye het musikante dit gespeel op akoestiese kitare, mondfluitjies, trekklaviere en konsertinas. Boeremusiek is gespeel om kampvure, op braaivleise, troues, verjaarsdae, nuwejaarsfeeste en sommer enige vrolike samekoms van mense.
Daar is 2 soorte Boereorkeste. Tradisionele Boereorkeste wat net speel op instrumente wat nie elektronies is nie. En Moderne Boereorkeste.
By Leeupoort Vakansiedorp word jaarliks Boeremusiekfeeste gehou waar orkeste van regoor die land optree in Bosveld atmosfeer met bokke wat tussen die besoekers ronddwaal.

Monument Jagters:
Gys (Snr) en Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae