Wonderboom Pretoria

Die Wonderboom
Nasionale Monument
Wonderboom Natuurreservaat

Pretoria

Hierdie eensame merkwaardige ou antieke wildevy is na raming meer as 1000 jaar oud.
Die unieke boom is in 1836 deur Hendrik Potgieter ontdek en deur hom benoem as Die Wonderboom. Baie trekkers het sedertdien die boom as rusplek en uitspanplek gebruik.
Dit was ñ geweldige groot boom waaronder honderde mense en meer as 22 waens met hulle osse kon skuiling vind.
Die Wonderboom is vandag baie kleiner agv van ñ brand in 1870 en ook ñ parasiet infestasie maar is nog steeds indrukwekkend. Die boom is 25 m hoog en sy stam 5.5 meter dik. Die oorhangende takke het wortel geskiet en ñ sirkel bome het om oorspronklike boom begin groei en beslaan ñ area met deursnee meer as 55 meter.

Maak 'n opvolg-bydrae