Bartolomeus Dias

Bartholomeus Dias

Bartolomeu Dias
Kaapstad
Mosselbaai

Daar bestaan drie standbeelde wat Bartolomeus Dias huldig.

Die standbeeld van Dias in Kaapstad staan op die kruising van die Heerengracht en Coen Steytler-boulevard. Op 12 Maart 1960 is hierdie beeld onthul op die grasperk voor die kunsgalery in die Kompanjiestuin. Later jare is hierdie brons beeld soos met die Maria van Riebeeck-standbeeld verskuif om naby die hawe-ingang, die Poort van Afrika, te staan.

Om die 300-jarige vestiging aan die Kaap die Goeie Hoop te herdenk, het die Portugese regering besluit om hierdie beeld deur prof. Barata Feyo aan die volk van Suid-Afrika te skenk. Die voetstuk van graniet is deur die argitek Fernandes de Sá.

Omdat daar geen afbeeldings van Dias uit sy lewe bestaan nie, is die gelaatstrekke denkbeeldig. Sy houding straal dapperheid, energie en volharding uit en dit eerder as sy gesig moet tot die toeskouer spreek. Hy dra ‘n wye seemansjas en dit lyk of hy van die brug van sy skip teen die stormende suidooster in oor die wye oseaan tuur. Met sy regterhand klem hy sy pet en in sy linkerhand hou hy die astrolabium vas.

In ‘n nis in die Suid-Afrika Huis, wat die Suid-Afrikaanse Kommissariaat huisves, aan Trafalgar Square in Londen staan ‘n standbeeld van Dias wat Coert Steynberg reeds voor die Tweede Wêreldoorlog gemaak het. Langs die Poskantoorboom by die Dias-museum in Mosselbaai staan eweneens ‘n beeld ter ere van die ontdekkingsreisiger.
Wikipedia

Dias se 3 kruise.
Kwaaihoek 12 Maart 1488
Kaappunt 6 Junie 1488
Lüderitz 25 Julie 1488

Oudste monument in Suid-Afrika is die Dias kruis.
Klipkruis is opgerig 12 Maart 1488 by Kwaaihoek aan die Oos Kaapse kus tussen Boesmansrivier en Boknes. Replika daar opgerig.

BARTOLOMEU DIAS (1450?-1500) was die opsigter van die koninklike Guinee-pakhuise in Lissabon, en die bevel oor die karveel Sao Cristovao is in 1486 deur koning Joao II aan hom opgedra. Met nog ’n karveel, die Sao Pantateao, en ’n naamlose vragskippie het sy ekspedisie in Julie of in Augustus 1487 die Taag-rivier in Portugal verlaat met die koninklike opdrag om ’n seeweg na die speseryryke Indië te vind.
Oor Dias se lotgevalle voordat hy by Mosselbaai aangekom het, was daar in die verlede nie eenstemmigheid nie. Geskiedkundiges aanvaar dit egter vandag as ’n mite dat hy deur ’n storm ver suidwaarts gedryf is, en toe hy weer noord vaar, die suidpunt van Afrika naby Mosselbaai bereik het.

Dit het nie so gebeur nie, word vertel. Dias was naamlik ’n kranige seeman. Hy het in Januarie langs die weskus suidwaarts gevaar. Hy moes teen die suidewinde oplaveer. Soos dit ’n goeie seevaarder betaam, het hy eers baie ver suidwes gevaar, moontlik tot 39 of 40 grade suid.

Toe het hy oos gedraai en met die wind agter die bak-boordwindveer in ’n noordelike, noordoostelike rigting gevaar. Naby Gouritsmond het hy die eerste keer land gesien. Hy het die kus ooswaarts gevolg totdat hy by Mosselbaai uitgekom het.

Dias, wat die lang gesogte suidpunt van Afrika omseil het, se kennismaking met die Khoi-Khoi het ’n ongelukkige voorval tot gevolg gehad. Omdat die Portugese en inboorlinge nie mekaar se tale kon verstaan nie, was die ontmoeting gewelddadig: die Khoi-Khoi het die Dias-manne wat by ’n stroom kom water skep het, onder die klippe gesteek. Dias het uit selfverdediging een met ’n kruisboog doodgeskiet en die ander het toe gevlug.

Hy het verder oos geseil, maar hy moes kopgee en uiteindelik omdraai omdat sy hoër offisiere en ander matrose nie wou verder nie. By Kwaaihoek het hy sy eerste padrao, ’n klippilaar met ’n betreklik klein kruisie aan die bopunt, geplant.

Op sy terugvaart het Dias ook ’n kruis geplant by die Kaap die Goeie Hoop en by Lüderitz.

Nog ’n interessante brokkie geskiedenis: Op Dias, wat sy voorradeskip by Lüderitz agtergelaat het, het daar volgens die geskiedskrywer John de Barros met sy terugkeer ’n skok gewag: van die nege man by die voorradeskip het net drie nog gelewe, en een van dié was so bly om sy kamerade weer te sien dat hy op die plek dood neergeslaan het.

Die terugkeer… en Dias se roemlose dood

NÁ SY baanbrekersreis van meer as sestien maande was Bartolomeu Dias teen Desember 1488 terug in Portugal. ’n Helde-ontvangs? Dit klink vandag vreemd dat hy nie eens die een of ander eretitel ontvang het nie.

Die volgende staaltjie oor sy verslag aan sy koning (afkomstig van die geskiedskrywer De Barros, wat sowat 65 jaar later daaroor geskryf het) is geslagte lank vertel: “Dit sal die Kaap van Storms genoem word,” sou Dias gesê het, gedagtig aan die stormsee wat hy doer onder by die bog in die suide van Afrika beleef het. Maar die koning, wat gehoop het dat ’n seeweg na die Ooste nou spoedig gevind kon word, sou geantwoord het: “Nee, liewer die Kaap van Goeie Hoop.”

Vandag word egter geglo dat nie die koning nie, maar Dias self vir die Goeie Hoop-naam verantwoordelik was, soos die geskiedskrywer Duarte Pacheco slegs twintig jaar ná die ontdekking van die Kaap geskryf het.
Die onbesonge Dias is in 1500, twaalf jaar ná sy ontdekking van die Kaap, tragies dood toe sy karveel in die Atlantiese Oseaan wes van dieselfde Kaap vergaan het. Die karveel was ’n deel van die vloot van Pedro Alvares Cabral wat na die Ooste onderweg was.

• WAS Dias werklik die Westerse “ontdekker” van Suid-Afrika? Geskiedskrywers sê nee. Sowat 2 500 jaar gelede het die beroemde farao Neko in Egipte regeer, van wie ook in II Konings 23:29 in die Bybel vertel word.

Historici sê dat dit juis hierdie Neko was wat ’n aantal skepe beman deur Feniciese matrose uit Egipte op ’n ekspedisie rondom Afrika gestuur het. Een skrywer het al selfs ’n kleurryke beeld versin van hoe die Feniciërs in wat vandag Kaapstad is, voet aan wal kon gesit het: Straks het hulle oor hul reis sit en gesels waar die Parlementsgebou nou staan, ’n bok in die Kompanjiestuin geskiet en hul ete op die terrein van die Mount Nelson Hotel genuttig!

Dias onder die grootste ontdekkers

VASCO DA GAMA (1460-1524), wat op die spore van Dias in 1497-’98 die seeweg na Indië gevind het, het die verering ontvang wat Dias ontsê is: Hy het die titel graaf in 1519 gekry en is in 1524 as onderkoning van Indië aangestel, hoewel hy kort daarna oorlede is.

’n Ander groot ontdekkingsreisiger, wie sepad glo met dié van Dias gekruis het, was die Italiaanse Spanjaard Cristoforo Colombo (Columbus) (1451?-1506), wat in 1492 die Nuwe Wêreld ontdek het en gedink het dit is lndië. Dis interessant dat Columbus glo teenwoordig was toe Dias ná sy reis aan die koning van Portugal verslag gedoen het.

In die Middeleeue is nog gedink dat die aarde plat is— met die hemel bokant die hemelboog en die hel onder die grond. Dit was dié soort opvatting wat seevaarders aanvanklik te bang gemaak het om dit te ver op die see te waag… netnou tuimel jy van die rand afl

Maar die Portugese ontdekkingsreise van weleer—ook die belangrike reis van Bartolomeu Dias—het meegehelp om sulke vrese te besweer en wêrelddele te verbind met ander wêrelddele wat voorheen in volslae isolasie bestaan het.
Bron. Internet

Facebook Bydrae deur John Roderick:

1960.
‘n Standbeeld van Bartolomeu Dias de Novas word in die tuin van die kunsmuseum in Kaapstad onthul.
Hy was ‘n Portugese ontdekkingsreisiger wat die weg na Indië “oopgemaak het.”

Facebook Bydrae deur Quentin Meyer:

Bartolomeus Dias (ca. 1450 – 29 Mei 1500) was ‘n Portugese ontdekkingsreisiger en seevaarder wat in 1488 om die punt van Afrika geseil het.

In 1487 vra koning Johan II van Portugal vir Dias om na die land van die Christelike koning genaamd Prester John in die ooste te soek. Omdat Prester John nie regtig bestaan het nie, het hy nie die land gevind nie, maar het hy wel ‘n roete vanaf die Atlantiese Oseaan na die Indiese Oseaan ontdek wat na Asië lei.

Dias se twee skepe, die São Cristóvão end ie São Pantaleão.
In Desember 1487 word hy die eerste Europeër wat in Suidelike Afrika voet aan wal sit toe hy by Kaap Kruis in Namibië aan land gaan. In Januarie 1488 word hy die eerste Europeër wat om Kaap die Goeie Hoop seil. In Februarie dieselfde jaar word hy die eerste Europeër om voet aan wal in Suid-Afrika te sit toe hy by Mosselbaai aan land gaan. Hy het ‘n kalksteenkruis by Kwaaihoek opgerig.

Standbeeld van Dias in Kaapstad
Dias is in 1500 ter see in ‘n storm oorlede as kaptein van ‘n skip wat na Brasilië onderweg was.

Daar is later vir hom ‘n standbeeld in Kaapstad, Suid-Afrika opgerig.

Agtergrond
Dias was een van die ontdekkingsreisigers wat in opdrag en op aansporing van die destydse Portugese koning, Johan II (1455-1495), ‘n sistematiese verkenning van die kus van Afrika onderneem het. Die ontdekkingstogte was ‘n voortsetting van die werk waarmee prins Hendrik die Seevaarder (1394-1460), ‘n seun van koning Johan I (1357-1433). reeds vroeg in die 15e eeu begin het. Die ontdekkings wat tydens die bewind van Johan II gedoen is, was baie meer opsienbarend as dié onder leiding van Hendrik die Seevaarder. Johan II kon egter voortbou op ‘n stewige basis: In Lissabon is ‘n seevaartskool gestig en baie geograwe en skeepbouers is daarheen gelok. Die vooruitgang in skeepsbou, die geleidelike opbou van geografiese kennis en die verbetering van navigasiehulpmiddels het daartoe bygedra dat verkenningstogte in die loop van die 15e eeu steeds vlotter verloop het en meer vrugte afgewerp het.

Columbus kon byvoorbeeld tydens die voorbereidings vir sy reis van 1492 groot voordeel trek uit die kennis wat reeds in Lissabon versamel was. Die Portugese het egter ‘n voorsprong op hom gehad deurdat hulle beter daartoe in staat was om die omtrek van die aardbol te bereken. Toe Columbus in Portugal ondersteuning gesoek het vi r sy beoogde weswaartse reis na Asië, is die plan as te gewaag beskou omdat die Portugese besef het hoe groot die afstand sou wees.

Bartolomeus Dias was ‘n ander soort seevaarder as Columbus. Vandag hy ‘n amptenaar van ‘n Portugese “Departement van Ontdekkingswese” genoem kon word. In die Laat-Middeleeuse maatskappy was sy rol egter van veel losser aard as wat die woord amptenaar miskien suggereer. Sy plek in die samelewing is deur gunste en voorregte bepaal, soos altyd in ‘n feodale samelewing die geval was. Hy was ongetwyfeld van goeie afkoms (hy was ‘n ridder) en was deel van die koninklike gevolg. ‘n Deel van sy inkomste het sekerlik bestaan uit ‘n aandeel in die handel met Wes-Afrika, meer spesifiek die handel in goud en ivoor. (Slawehandel het eers later in omvang toegeneem.)

Reise
Die eerste betroubare historiese vermelding van Bartolomeus Dias is ten opsigte van ‘n reis in 1481, toe hy bevelvoerder was van een van die skepe wat na die Goudkus (die huidige Ghana) gevaar het. Die reis het geëindig in die stigting van Elmina, die eerste Portugese fortifikasie op die vasteland van Afrika. Die naam Elmina is afgelei van Aldea da Mina, wat “Gouddorp” beteken. Dias het sy bekendheid egter aan sy reis van 1487/88 te danke. Dit was die eerste en enigste reis in sy lewe waartydens hy opperbevelhebber was (van drie skepe). Dias het die reis met ‘n drieledige opdrag aangepak. In die eerste plek moes hy voortgaan met die kartering van die kus van Afrika, wat in daardie stadium tot Kaap Kruis gekarteer was. Kaap Kruis, aan die kus van Namibië, was die verste punt wat deur Diego Cam (?-1486) bereik is tydens ‘n reis wat van 1482 tot 1484 geduur het en waartydens die Kongorivier ontdek is.

Dias se tweede opdrag was om ‘n seeweg om die suidpunt van Afrika na die speserylande van Asië te vind. Handel met Asië het in daardie stadium nog altyd oor land geskied. Die Italiaanse stadstate het die ware aan die ooskus van die Middellandse See gekoop en na Europa vervoer. Die Portugese het gehoop om langs ‘n seeweg ‘n direkte en vinniger verbinding met Asië te vind, waardeur hulle die Italiaanse en Islamitiese tussenhandelaars kon uitskakel.

Ten derde moes Dias na die legendariese ryk van priester Johannes soek. Hierdie opdrag was kenmerkend vir die laat 15e eeu (vroeë Renaissance) toe moderne denke en Middeleeuse voorstellings mekaar nog oorvleuel het. Die legende van priester Johannes was reeds sedert die 11e eeu in Europa bekend en het as aansporing vir die eerste ontdekkingsreise gedien. Daar is geglo dat priester Johannes die vors van ‘n magtige Christenryk iewers in Asië was. In die 12e eeu is daar vermoed dat die ryk iewers in Persië (vandag Iran) geleë was. In Dias se tyd is daar van die veronderstelling uitgegaan dat die ryk in Oos-Afrika, suid van Ethiopië, geleë was. Daar is gehoop dat Johannes of sy opvolgers ‘n magtige bondgenoot teen die Islamitiese vyand sou wees.’

Dias het Lissabon in Julie of Augustus 1487 verlaat en in Desember 1488 teruggekeer. In Desember 1487 het hy reeds die kus van Namibië bereik, by die huidige Walvisbaai aangedoen en sy voorradeskip in die baai by die huidige Lüderitz agtergelaat.

Die suidpunt van Afrika
In die eerste week van 1488 het die twee oorblywende skepe vertrek en die Atlantiese Oseaan meer as ‘n duisend myl ver weswaarts ingevaar. Dit is nie bekend of die koersafwyking doelbewus was en of dit deur stormgeweld veroorsaak is nie. Daarna is die koers verander sodat hulle op ‘n breedtegraad gevaar het wat die skepe verby die Kaap gevoer het totdat hulle weer noordwaarts kon begin vaar.

Die kuslyn (Mosselbaai) wat vroeg in Februarie in sig gekom het, het in ‘n nuwe rigting geloop: ‘n aanduiding dat dit die onderpunt van die vasteland was. Dias het tot so ver as die latere Algoabaai gevorder voordat hy deur sy bemanning gedwing is om terug te draai. Op sy terugreis het hy op drie plekke kalksteenkruise aan die kus opgerig: by Kwaaihoek (net wes van die Boesmanriviermond), naas die kaap wat deur hom Cabo de Boa Esperanza genoem is en by Lüderitz. (Volgens ‘n bewysstuk uit dié tyd het die Kaap die Goeie Hoop sy naam van Dias ontvang en nie van die koning nie.)

Dias se verdere loopbaan was roemloos. Hy het nog twee belangrike reise help voorberei en in albei gevalle die reis meegemaak. In 1497 het hy saam met Vasco da Gama (wat tot in Indië gevaar het) gereis, maar is by die Kaap-Verdiese Eilande al teruggestuur. ln 1500 was hy ‘n lid van Cabral se ekspedisie wat per toeval (die skepe is deur ‘n storm te ver weswaarts gedryf) Brasilië ontdek het. Op hierdie reis is Dias tydens ‘n storm naby die kus van die Kaap die Goeie Hoop oorlede (29 Mei 1500).

Image may contain: indoor
Oudste Monument In SA. Die oospronklike kruis 1488 opgerig deur Bartholomeus Dias te Kwaaihoek Oos-Kaap.
(Padrao of Saint Gregory). 1938 gevind, tans in William Cullen Biblioteek Wits Universiteit.

Laat 'n boodskap