18 Junie 1911 / Die eerste vliegtuig vlieg in Suid-Afrika

18 Junie 1911

Die eerste vliegtuig vlieg in Suid-Afrika

Die mens het maar altyd gedroom om te kan vlieg of deur die lug te sweef.

Leonardo da Vinci het al reeds in die vyftiende eeu sketse en ontwerpe geteken van ñ vliegtuig en ñ valskerm. Dit het net ñ droom gebly.

Einde 1903 het die Wright broers in die VSA geskiedenis in lugvaart gemaak. Orville Wright het in die eerste opgetekende beheerde aangedrewe vliegtuig ñ hoogte van so 35 meter in 12 sekondes bereik en sy broer Wilbur Wright het in 1904 die eerste sirkelvlug voltooi in een en ñ halwe minuut.

1907 het John Weston ( Maximilian John Ludwick Weston, ñ Suid-Afrikaanse ingenieur, sy vliegtuig in Brandfort in die Vrystaat gebou. Die vliegtuig was van hout gebou, met seil of materiaal oorgetrek. Die enjin was nie sterk genoeg nie en hy moes veranderings aanbring.

Eers in 1911 kon hy sy eerste vliegpoging geslaagd afhandel nadat hy die enjin Frankryk toe geneem het waar dit aangepas is en weer teruggestuur is SA toe. 1911 slaag John Weston sy vliegopleidings toetse in Frankryk.

16 Junie 1911 vlieg John Weston die eerste vliegtuig in Suid-Afrika. Hy styg op in Kimberley met sy Weston-Farman Biplane (dubbelvlerk) en behaal ñ vlugrekord van agt en ñ halwe minuut in die lug.

Interessant: John Weston is in ñ ossewa gebore 17 Junie 1872 by Fort Marshall naby Vryheid in Natal. Hy het die meeste van sy jeugjare in die VSA deurgebring. Tydens die ABO keer hy terug na SA om die Boere te kom help veg. Na die oorlog was hy brandarm en keer eers weer terug na Amerika toe. 1905 keer hy weer terug na SA.

1906 trou hy in Bloemfontein met Lily Roux. Die egpaar het 3 kinders gehad, 2 dogters en 1 seun.

Na sy eerste vlug het vliegdemonstrasies groot groepe toeskouers gelok.

1912 het sy vliegtuigstoor (hanger) afgebrand agv brandstigting.

1913 het ñ groot stofstorm sy vliegtuig lelik verwoes.

1912 onderhandel hy onsuksesvol met Jan Smuts en sy regering om as raadgewer op te tree in opleiding van vlieëniers en die vestiging van ñ militêre lugvaart. Daarna begin sy omswerwinge in en uit SA.

Tydens WWI het hy as vlieënier geveg vir die RNAF. Hy het by die Suid-Afrikaanse magte aangesluit. Hy het medaljes vir sy dapperheid en toewyding ontvang.

1933 het hy ñ plaas in Bergville distrik gekoop waar hy geboer het. 24 Julie 1950 is hy en sy vrou op die plaas aangeval. Lily was ernstig beseer maar het oorleef. John het gesterf agv hierdie moordpoging op ouderdom 78.

John Weston se vliegtuig is tans in die Nasionale Museum in Bloemfontein.

Admiraal John Weston , baanbreker in Suid-Afrikaanse lugvaart.

Samesteller: Kobie Ströh

Bronne en Foto’s: Internet

Wikipedia. Scienticmilitaria.journals. sahris.sahra.

Maak 'n opvolg-bydrae