Siener van Rensburg Rietkuil Ottosdal / Visioenkoppie / Siener van Rensburg Begraafplaas

Siener van Rensburg

Rietkuil Ottosdal/ Wolmaransstad distrik

Visioenkoppie

Graf : Rensburg Begraafplaas Ottosdal

Noordwes

NICOLAAS VAN RENSBURG

Nicolaas Pieter Johannes van Rensburg

Gebore 30 Augustus 1864 Potchefstroom

Sterf 11 Maart 1926 Ottosdal

Getroud met Anna Sophia Kruger (1884-1926)

Nicolaas van Rensburg was ń boer in die ZAR. Sy akkurate voorspellings van toekoms gebeure het veroorsaak dat hy deur die mense beskou is as ń profeet en was algemeen bekend as Siener van Rensburg.

Siener se ouers was eenvoudige boere, hy is gebore op die plaas Palmietfontein Potchefstroom. Sy moeder het toe hy peuter was al opgemerk dat hy visioene gekry het wat hom baie ontstel het. Op 7 jaar sy eerste groot visoen ervaar.

Klein Nicolaas het baie min formele skoolopleiding gehad (slegs sowat 20 dae by die Rooipoort-Plaasskool). Die afstande was net te groot en Nicolaas het op die plaas gewerk om sy ouers te help en as veewagter het hy lang tye in die veld deurgebring.

Sy ma het hom tuis onderrig en leer lees.

Nicolaas kon lees, maar hy het slegs Bybel gelees.

Nicolaas het self later geboer op sy plaas Rietkuil naby Wolmaranstad, distrik Ottosdal.

ABO

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog is hy op 35-jarige ouderdom ook opgeroep om by die Kommando aan te sluit.

Daar het hy ñ geweldig ontstellende visioen gehad wat sy hele lewe verander het. Die visioen het hom met vrees vervul en heeltemal verward gelaat. Die visioen was angswekkend want hy het die tragiese verloop van die oorlog vooruit gesien. Vuur van horison tot horison, afgebrande huise en plase, kermende en huilende kinders en vrouens saamgebondel.

Hy moes die nagmerrie 2 keer beleef. Eers as visioen en toe die ware verloop van die oorlog.

Hy het deelgeneem aan die ABO, maar was nooit gewapen nie en het nooit ń skoot geskiet nie.

Siener het respek en vrees afgedwing.

Klein van postuur met ń welige swart bos baard. Sy deurdringende oë was kenmerkend.

Hy het nie lank by een kommando gebly nie. Hy het kommando’s besoek , gepreek en manne bygestaan met morele ondersteuning. Siener het die plek van ń predikant volgestaan en manne beïndruk met sy geweldige Bybelkennis.

Siener van Rensburg was ń lojale vriend en adviseur van Generaal de la Rey en ook van President MT Steyn. Genl de la Rey was ook diep godsdienstig, hy het geglo God het Siener gestuur vir leiding.

VOORSPELLINGS/ VISIOENE

Siener het die burgers bygestaan met sy profesië. Hy kon toekomstige gebeure dikwels

akkuraat voorspel. Hy kon burgers vooraf waarsku, aanmoedig, afraai, aanbeveel en ontsnaproetes aandui. Siener kon hulp voorspel, selfs nederlae. Skeptiese manne het nie altyd ag geslaan op sy waarskuwings nie, met tragiese gevolge. Soms het hy die vyand, die Engelse, se bewegings vooruit gesien.

Siener was ń godsvresende man en het God se Hand altyd erken.

Sy voorspellings was nie altyd korrek nie, die interpretasie was moeilik.

Sy visioene was in beelde gesien, nie chronologies nie. Patriotiese en geestelike beelde wat meestal oor die welsyn van die Boere en Duitland gehandel het.

Meeste van sy visioene het hy self verklaar. Net hyself kon dit uitlê.

WWII

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die regering Siener se visioene as opruiery beskou en verspreiding daarvan verbied. Jan Smuts het opdrag gegee dat alle kopieë gekonfiskeer moes word.

SIENER VSN RENSBURG SE LAASTE JARE

Na die oorlog het hy teruggekeer na sy plaas Rietkuil naby Ottosdal.

Siener het baie tyd op die koppie agter sy huis deurgebring. Die Visioenkoppie. Daar kon hy aanbid en sy Bybel bestudeer terwyl hy vêr oor die grasvlaktes kon uitkyk.

ń Sielsverrykende ervaring om die koppie te besoek.

Hy was ñ sieklike man.

Sy dogter Anna Badenhorst het van sy visioene opgeteken. Daar is meer as 700 van sy bonatuurlike ervarings opgeteken.

Op ouderdom 61 het hy op Rietkuil gesterf en is begrawe in die Van Rensburgs begraafplaas Ottosdal.

SIENER VAN RENSBURG AS PROFEET

Siener van Rensburg was ñ Godsvresende diep gelowige man. Hy het visoene gekry wat net hy kon uitlê.

Hy was /is nie ń moderne Nostradamus of toekomsvoorspeller nie.

Baie onwaarhede word aan Siener van Rensburg en sy visioene toegedig.

Baie visoene en hulle verklarings word deur sogenaamde kenners gefabriseer. Die motief onduidelik, moontlik geldgewin, moontlik vrees aanwakker?

Die feit bly staan. Hy is nie ń toekomsvoorspeller nie. Hy was Godsvresend.

Sy visioene was in beelde gesien wat moeilik is om te verstaan, beelde wat net hy kon verstaan het.

Bronne: Internet

Samesteller: Kobie Ströh

Foto’s: Gys Ströh snr September 2022 (geneem tydens ñ toertjie gereel deur Rudie Rossouw)

Maak 'n opvolg-bydrae