VEREENIGING VLIEGSKOOL / WWII / Vaaldam / Vliegbote

VEREENIGING VLIEGSKOOL

Vereeniging Vliegskool: Lugmagskool

Daar was gereken dat Vereeniging ideaal geleë was vir ‘n lugmagskool, die Hoëveld weer is redelik stabiel en daar was nie hoë geboue in die area nie.

TWEEDE WÊRELDOORLOG

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Unie-Verdedigingsmagte grond by Leeukuil in Vereeniging oorgeneem waarop die Suid-Afrikaanse Lugmag ‘n vliegskool opgerig het. Verskeie van die Royal Air Force (RAF) se personeel word in Vereeniging gestasioneer, baie vestig hulle permanent in Vereeniging.

Hulle het selfs ambulansvliegtuie vir die publiek beskikbaar gestel.

22 LUGSKOOL

22 AS (22 Lugskool) open Januarie 1941 en onder bevelvoerder G/C Elliot verander ‘n kaal stuk grond in ‘n vliegskool met geboue, vliegtuigloodse (hangers), bome en grasperke.

Januarie 1943 arriveer die eerste 14 Harvards.

Mei 1943 is daar reeds 51 Harvards en Januarie 1944 107 Harvards.

30 November 1945 is opleiding by 22 AS gestaak en baie Oxfords verkoop as skrootyster.

Huidig min oor van 22 AS.

VEREENIGING EN DIE VAALDAM

VLIEGBOTE

Daar was ‘n noue verbintenis gewees tussen Vereeniging en die Vaaldam.

Vliegbote (flying boats) is gebruik om instrukteurs en leerders te vervoer veral vanaf Engeland na Vereeniging.

Vliegbote land op Vaaldam, waarvandaan persone dan vervoer word per “shuttle” na die Vliegopleidingskool in Vereeniging.

Hierdie vliegskool het nou saamgewerk met die basis van die BOAC Vaaldam Vliegbootbasis, die Solent Vliegboot.

Daar is lug tot grond aanvalle geoefen op plase om Vaaldam.

Die “flying Boats” was deel van “BOAC” lugdiens en nadat hulle onttrek was en nuwe groot lughawens gebou is ( toe “Palmietfontein”, Jan Smuts, Johannesburg Internationaal, nou OR Tambo ) het daar nie veel in SA agter gebly nie.

In Vereeniging is daar byna geen getuienis oor van hierdie militêre Vliegskool nie, ook net ‘n gebou of twee.

Die vliegbote is later Durban toe verskuif. Hier en daar in Deneysville is nog so een of twee herinneringe aan ‘n tyd lank-lank gelede toe vliegbote nog op die Vaaldam geland het (soos Hangers/loodse, landingstrook waar vliegboot uitgesleep is en reuse geboue wat werkswinkels was.)

Tans is daar nog een van hierdie vliegbote in Congela Aviation Museum, Durban.

ONGELUKKE TYDENS OPLEIDING

Hier in die verre suide, ver weg van die gevaar van Duitse bombardement, het jong vlieëniers opleiding in Vereeniging kom ontvang om na hulle opleiding in die oorlogsones in Europa te gaan diens doen( WWII).

Dit was ‘n gevaarlike tyd, tegnologie was nog nie so goed ontwikkel nie. Ongelukke het dikwels plaasgevind, soos die rye grafte in ou Vereeniging Begraafplaas stil getuig.

Jong vlieëniers in opleiding het hier tussen Vereeniging en die Vaaldam op plase lug- tot-grond aanvalle geoefen, dikwels met tragiese gevolge.

Baie het hul lewe hier verloor tydens opleiding (toerusting was maar primitief in beginfase), van hulle is begrawe in die Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas

VEREENIGING BEGRAAFPLAAS

‘n Paar van die Vliegskool grafte in ou Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas.

(SEDBERGH SCHOOL ROLL OF HONOUR)

The Second World WWII

*Armitstead J

E 1938-1941

Aircraftman 21

First Class (pilot under training), RAFVR.

Killed on active service when his aircraft crashed during his course under the

Empire Training Scheme in South Africa.

Buried Vereeniging Old Town Cemetery, Gauteng, SA.

25/5/1945 aged 20 years.

On 15th August 1942 he was transferred to No 2 A.S. Randfontein where he began his flying training on the famous de Havilland “Tiger Moth” biplane. He did his first solo flight on 4th September. The course, which included qualifying in spins, forced landing and aerobatics, ended on 7th November 1942. He had completed 72 hours flying including 31 hours solo. Thereafter Bill was sent to No 22 A.S., based at Vereeniging, where he trained on the Hawker Hart and Hawker Audax, both single engine biplanes. He completed his training having flown a total of 200 hours, half of which was solo. Bill received his Wings from Commander Napier at Vereeniging on 16th April 1943.

Samesteller: Kobie Ströh

Bronne: Vereeniging Geskiedenis. Internet. Teknorama. Sarel Feldtmann.

http://monument-sa.co.za/vereeniging-geskiedenis/

Foto’s: Vereeniging Geskiedenis. Sarel Feldtmann. Teknorama. Gys Ströh snr Junie 2023

Maak 'n opvolg-bydrae