Waterkanaal / Oudste Bouwerk / Kaapstad

WATERKANAAL VOORSIEN WATER AAN DIE KAAP 1663 (Facebook Hannes Steyn)

In 1663 het Zacharias Wagenaer, die tweede kommandeur aan die Kaap, ‘n reservoir laat bou.

Die reservoir is van klip en baksteen en was opgerig in die loop van die Varsrivier wat van Tafelberg na die see gevloei het.

Dit het die watervoorraad vir inwoners van die Kaap en skepe verbeter.

Die reservoir was 45 x 15m. en was sowat 1m. diep.

In 1671 het Wouter Mostert ‘n waterkanaal van die reservoir na die kaai gebou.

Die ruïnes van die reservoir en kanaal is in 1975, tydens bouwerk aan “Die Goue Akker”-winkelsentrum in Kaapstad, ontdek en word in die oorspronklike plek as historiese besienswaardighede beskerm.

Maak 'n opvolg-bydrae