Voortrekkermonument (Rondom/Buite) – Pretoria

SA Weemag Muur van Herinnering. Vir gevalle soldate en die vrouens en kinders wat soldate bygestaan het.

 

Gedenktuin. Onthul en amptelik geopen 27 Julie 2003.

Gedenknaald vir Boesman vegters wat vanaf 1975 geveg het. Veggroep Alpha.

Erestomp vir 32 Bataljon. Hardekoolstomp aanvanklik onthul op Buffalo Basis Wes-Caprivi Namibië. Oktober 2009 verskuif na Voortrekkermonument.

Naald vir Die Onbekende Soldaat.

Getemde Vryheid. Beeld van bul en jong man. 1961 voltooi en opgerig op grasperk in Parlementstraat Pretoria. 21 Augustus 2008 verskuif na Voortrekkermonument. Bul stel die volke van SA voor en die jong man die jeug van SA.

Erfenisstigting: Die beeld, Getemde Vryheid, is in 1961 voltooi en het sy tuiste in Parlementstraat in Pretoria gevind.
Die beeld het vir 47 jaar daar voor die Transvaalse Provinsiale Administrasie (TPA) se gebou gestaan, voordat dit op 21 Augustus 2008 na die Voortrekkermonument geskuif is, waar dit vandag voor die Erfenisstigting se gebou pryk.
Die kunstenaar, Hennie Potgieter, in 1916 gebore en in 1992 oorlede, het die Afrikanerbul gekies om die volke van Suid-Afrika voor te stel.
Dit is simbolies van die lewenskrag van jong volke op die drumpel van volwassenheid wat hulle moet skik na die behoeftes van die gemeenskap.
Dit is ’n herinnering dat die bedrywighede van elke geslag bedoel is om die volgende geslag te dien.
 

Koedoes. Deel van ABSA Bank Bpk se kunsversameling. Aanvanklik op Strijdomplein in Pretoria se middestad opgerig. Verskuif 4 Mei 2012 na Voortrekkermonument.

Viscountgedenkteken
(Viscountgedenkteken : Foto Christo Geldenhuys Facebook)

 

Koevoetgedenkteken
(Koevoetgedenkteken Fotos: Christo Geldenhuys Facebook)

Dorslandtrekgedenkteken
(Dorslandtrekgedenkteken Foto: Christo Geldenhuys Facebook)

SA Infanterie

Operasie Savannah

Die Voortrekkers  Jeugbeweging  Kultuurbeweging

Beeld is onthul 24/9/2016 met 85ste bestaansjaar van Die Voortrekkers. Die    Voortrekkers is 30/9/1931 gestig in Bloemfontein as Afrikaanse kultuurbeweging gefokus op die jeug. Hierdie dinamiese beweging het oor hele land versprei en moes deur moeilike tye oorleef en aanpas. Die Voortrekkers slaag steeds daarin om Burgerskap, Afrikanerskap en bowenal Christenskap te bevorder by die jeug deur betrokkenheid en diensbaarheid. ñ Toekomsgerigte jeugbeweging.

“Voortrekkers trap nuwe spore.”

Fotos – Gys Ströh Snr

Koeksisterbankie

Koeksister is so sinoniem met Afrikaner Kultuur

Skool-op-wiele

Hierdie skool -op-wiele is in 1932 gebou deur Willem Joubert op versoek van die skoolsekretaris van Ermelo.

Dit was ń poging om ń oplossing te vind vir die tekort aan klaskamers.

Die onderstel is díe van ń ou stoom-dorsmasjien. Die skool is deur ń span osse getrek. Agv die smal spoorwydte moes helpers lamgs die skool loop om dit mbv toue te balanseer.

Die skool het sitplek vir 22 leerlinge gehad. Standerd 6 leerlinge van omliggende skole het daarvan gebruik gemaak en ook hul eindeksamen daarin geskryf.

2021

Fotos: Gys Ströh (snr) November 2019

Piet Retief Gedenknaald met die name van die burgers daar op.

Klein walaertjie van sement gepak daar neffens.

Replika van ń Zoeloehut.

Fotos: Gysbertus Johannes Ströh. November 2019

Brons Kakebeenwa

Hierdie brons kakebeenwa is soortgelyk aan die 64 waens in die walaer by Bloedrivier.

Die bronswaens is identies gemaak volgens die voorbeeld van die Johanna van der Merwe Eeufeesgedenkwa van 1938.

Die  FAK Liedjietuin

Die meeste mense het seker al ‘n draai in die FAK se Liedjietuin by die VTM gemaak. Die tuin was onlangs weer in die nuus toe Lucas Maree se gedenksteen vanaf Victoriabaai af soontoe verskuif is. Wanneer mens by die VTM is, is dit die moeite werd om net weer rustig deur die tuin te stap en selfs ‘n oomblik (of langer) op een van die bankies te gaan sit.

Maak 'n opvolg-bydrae