Viljoensdrif Mynbegraafplaas

Viljoensdrift
Mynbegraafplaas
Gauteng
S26,7332 E27,9229

Erg beskadig

Viljoensdrift is ñ klein dorpie tussen R82 en R716, suid van Vereeniging net af van R59. Hierdie was eens ñ florende dorpie met ñ laerskool, poskantoor, magistraatskantore en ñ NG Kerk.
Voor brûe oor die Vaalrivier gebou is, het waens by hierdie drif die rivier gekruis. Die eerste eienaar van die plaas Witkop was Stephanus Viljoen en hy en sy 2 seuns Jozua Jacobs en Hans Viljoen het die pont bedryf wat gebruik is om die Vaalrivier by die drif te kruis. Die plaas was ook Oshel genoem agv van die sand wat dit baie moeilik gemaak het vir ñ span osse om ñ wa daar deur te trek. In 1857 het Hans Viljoen geadverteer dat hy ñ pont bedryf wat mense, waens en vee oor die rivier kan vervoer. Hierdie pont was in gebruik tot ongeveer 1927 toe ñ staal enkelbrug in gebruik geneem is. Ongelukkig is laaste oorblyfsels van brug paar jaar gelede afgebreek en verwyder, vermoedelik vir skrotyster verkoop.
Die plaas is verkoop aan Vereeniging Estate, ñ maatskappy van Sammy Marks, Isaac Lewis en Leslie wat steenkool ontgin het in area.
Die dorpie het ontstaan met die ontdekking en ontginning van steenkool in area.
Viljoensdift beskik oor 3 begraafplase:
1. Die ou begraafplaas
2. Die nie-blanke begraafplaas
3. Die Myn Begraafplaas
Die meegaande fotos is van die Myn Begraafplaas geneem. Die grafte was oorspronklik op die myngronde. Met die uitbreiding van die myn moes die begraafplaas en grafte verskuif word. Opgrawings is gedoen en herbegrawe naby die dorp. Netjies en deeglik gedoen met individuele kruise en bordjies op elke graf wat naam en datums aandui indien beskikbaar. Ongelukkig het hierdie begraafplaas ook deurgeloop onder die hande van vandale wat geen respek het vir dooies nie.
Fotos 2018. Dankie Joshua Benjamin Haarhoff

Maak 'n opvolg-bydrae