Steytlerville Die Groot Oorlog

Steytlerville

Oos-Kaap

Gedenksteen ter ere aan diegene vanuit hierdie area wat in Die Groot Oorlog omgekom het. Die inwoners wat hierdie gedenksteen opgerig het, het gedink en geglo dat Die Groot Oorlog (WW1) die laaste oorlog sou wees, min wetende dat later ń nog groter menseslagting sou kom (WW11). Name van gesneuweldes tydens die Tweede Wêreldoorlog is later ook bygevoeg. Interessant in die area is nog steeds Dorflings te vinde en bietjie verder ook Van Deenters.

Hierdie gedenksteen staan op die hoek van Middletonstraat en weerskante is die hoofstraat. Die hoofstraat het 2 name, regs van die gedenksteen is dit Piet Retief en links van die gedenksteen is dit Sarel Cilliers. Twee trekleiers sodoende vereer.

Die gedenksteen is onlangs opgeknap deur een van die bure en inwoners van Steytlerville, Linda Henderson. Na vele pogings wou niemand, selfs nie die munisipaliteit , verantwoordeikheid aanvaar vir die opknapping nie. Linda het toe op eie koste self die monument laat afskuur en verf en herstel tot sy oorspronklike glorie. Linda dien tot voorbeeld vir almal in SA.

Fotos en inligting: Dankie Erna Buber-deVilliers Schutte

Laat 'n boodskap