Bloedrivier Dundee

Bloedrivier
Dundee
KZN

Een van die mees unieke terreine in SA waar slagveld aan beide kante, die Voortrekkers en die Zoeloes voorgestel word. Weerskante van die rivier, Bloedrivier soos onder Afrikaners bekend of Ncome soos onder die Zoeloes.

1. Eerste monument opgerig is die graniet kakebeenwa wat oorspronklik oor die klip in die middel van die laer opgerig was met ń venster waardeur die verligte klip gesien kon word. Doe wa is reeds in 1939 voltooi deur Coert Steynberg , maar eers in 1947 onthul agv WWII. Die wa is in 1971 verskuif na die posisie naby die ingang voor die museum. Die kakebeenwa is simbolies van die huis, kerk en die fort van die Voortrekkers.

2. Brons wa-laer van 64 waens opgerig op die slagveld van 16.12.1838 waar ongeveer 470 man te staan gekom het voor ñ Zoeloemag van meer as 10 000 krygers. Daar was ń diep sloot aan suidekant en oostekant was die rivier met ń lang seekoeigat. Hierdie waens is ń replika van die oorspronklike laer, gemaak van gegote staal, oorgeblaas met brons op betonvoetstukke. Elke wa is identies volgens die model die Johanna van der Merwe wa wat gebruik is tydens die simboliese ossewatrek 1938. Van die waens (by die openinge) is sonder tente wat gewoonlik gedien het as ammunisie waens. Tussen wawiele is veghekke van hout van wattelbome aangebring. Replikas van die sweepstokke met lanterns aan punte is aan die waens aangebring. Walaer is onthul 16.12.1972.

3. Klipstapel. Gelofte plakket.
Die klipstapel in die laer is die oudste, opgerig 16.12.1866 toe 40-50 waens hier bymekaar gekom het om 1838 se slag te herdenk. Weerskante van die klipstapel is gedenkplate met die Gelofte wat afgelê is voor Slag van Bloedrivier, een in Hollands, een in Afrikaans en een in Engels.

4. Kanonne
Replika van die skeepskanon wat Andries Pretorius saamgebring het vanaf die Kaap, gemonteer op ń ligte onderstel met 2 wiele, gerig op die ooste. Hierdie kanon is gelaai met skroot, stukkies potyster en klippe en kon 3000 meter ver skiet.
By noordelike opening van walaer is ń replika van Grietjie, hierdie kanon ook tydens die Slag hier gebruik. Grietjie kon 300 tot 400 meter ver skiet. Die oorspronklike kanon word by Voortrekkermonument in Pretoria bewaar.
Onsekerheid of daar 2 of 3 kanonne gebruik was hier.

5. Piramiedvormige baken
Hierdie piramiedvormige baken van graniet is opgerig tydens die Voortrekker Eeufees 1938 as simbool van die hernuwing van Die Gelofte. Waspore in sement ook uitgetrap.

6. Museum
Klein interessante museum naby ingang.

7. Muur van herinnering
Granietstene wat opgerig word met name ingegrafeer van nasate van Slag van Bloedrivier en persone wat opnuut gebonde voel om die gelofte te hernu.

8. Versoeningsbrug tussen Bloedrivier laer en Ncome.
Die brug is in 2014 geopen deur Jacob Zuma as simbool , die brug verbind die Zoeloes en die Afrikaners. Die brug het egter brug van verwydering geword toe Bloedrivier se kant hekke aangebring het op die brug. Die rede daarvoor is dat Ncome ten volle gesubsidieer en onderhou word deur die regering en Bloedrivier moet in stand gehou word deur toegangsgeld en donasies.
Interessant 16.12.2018 is besoekers vanaf Bloedrivier se kant toegang geweier tot Ncome.

9. Ncome
Die Ncome museum verteenwoordig die Zoeloekant en artefakte van die Zoeloekultuur word hier uitgestal. Interessante versameling assegaaie en skilde. Geboue is in ń horing vorm opgerig, verteenwoordig die destydse tipiese beeshoring aanvalstaktiek van die Zoeloes. Hierdie museum is opgerig deur die regering teen ń koste van minstens 65mljoen rand en word ten volle gesubsidieer uit staatsgeld. Hier word ook ń heel ander weergawe van die gebeure van 16.12.1838 aangebied.

Maak 'n opvolg-bydrae