Vasco da Gama Monument/ Klok – Durban

Victoria Esplenade / Margaret Mncadi Avenue.
Vasco da Gama. Portugese Seevaarder.

Monument/ Klok is geskenk deur Portugal en vervaardig in Brittanje, oorspronklik opgerig in Point Road. Pragtige argitektuur- Victoriaanse barokstyl. ñ Replika van ñ klein trou kapel.

9 jaar nadat Bartholomeus Dias roete on suidpunt van Afrika ontdek het vaar Vasco da Gama om Kaap die Goeie Hoop om seeroete te verken na Indië. Hy gaan aan wal naby Bergrivier maar raak tydens ñ skermutseling met Khoi mense in sy sy gewond met ñ spies. Vertrek en gaan aan wal naby Mosselbaai. Handel en ruil met Khoi mense, maar word weereens aangeval toe hulle vars water gebruik sonder toestemming van die hoofman.

Vaar verder en bereik die natuurlike hawe van Durban 25 Desember 1497 en noem dit Rio de Natal( Kersfeesrivier) of Terro do Natal( Kersfeesland). Zoeloes het dit Thekwini ( Strandmeer) genoem. Later is naam verander ns Port Natal en weer in 1835 na Durban, vernoem na die Kaapse Goewerneur, Benjamin D’Urban. “Natal” beteken Kersfees. Da Gama vertoef 3 dae hier met rustige visvang in hawe.

Vertrek na Pondoland/ Mosambiek en ervaar plaaslike Tsonga mense as baie vriendelik en hulpvaardig. Moet ongelukkig weer vlug toe Moslem handelaars uitvind hulle is Christene. Bereik kus van Malabar Mei 1498 maar moes weereens veg teen moslem handelaars. Da Gama voltooi roete om suidpunt van Afrika en keer terug na Portugal met vele ontberings en groot lewensverlies.
Die Portugese het daarna baie jare monopolie gehad op spesery roete na Ooste, wat hulle met geweld en wreedheid verkry en behou het. Portugal was nie baie geïnteresseerd in Suidelike Afrika nie want hulle was maar lugtig vir Kaap van Storms en plaaslike inwoners.

Jag Geleentheid:
Stuur vir ons jou eie fotos.
Dalk laai ons jou foto op.

 

Maak 'n opvolg-bydrae