John Ross Standbeeld – Durban

John Ross Standbeeld
Durban. Voor John Ross House

Charles Rawden Maclean bekend as John Ross 1815 gebore in Fraserburgh Skotland, oorlede ter see 1880, grafsteen in 2009 opgerig Southampton. Daarop word hy beskryf as vriend van Shaka Zulu, vegter teen slawehandel, skakel tussen Brit en Zoeloe.
Daar is ñ standbeeld van hom in Durban asook gedenkplaat by Ou Fort in Durban.
1825 loop die skip The Mary op ñ sandbank by Port Natal en kry groot skade. Maclean( John Ross) was aan boord en dit neem ongeveer 3 jaar om skip weer te herstel. Shaka ontbied hulle na sy kraal waar hulle goed ontvang word, maar hy versoek Jonn Ross om agter te bly, waarskynlik oor sy vlamrooi hare, en gedurende die ongeveer 3 jaar het hy die Zoeloe kultuur en gewoontes baie goed leer ken.
Toe John Ross 15 jaar oud was, is die nedersetting in Port Natal geteister deur siektes en ñ ernstige tekort aan medisyne en vars voorraad het hulle bedreig. John Ross is aangesê om na Delagoabaai(Maputo) te gaan vir aankoop van noodsaaklike voorraad. Vergesel van 2 draers het hy die staptog van 450 km soos kraai vlieg, maar in werklikheid meer as 600 km om vleie en moerasse, aangepak deur gebiede met volop krokodille en seekoeie. Selfs Tugela rivier wat hy moes deurgaan meer as 300 meter wyd. Hierdie reis het 3 weke geneem om te voltooi.
Op pad het hy by Shaka se kraal aangedoen en díe was so beïndruk deur sy waagmoed dat hy 10 Zoeloe krygers saamstuur.
By sy aankoms in Delagoabaai word hy eers verdink daarvan dat hy Zoeloe spioen is maar slaag tog daarin om noodsaaklike medisyne en voorraad aan te koop. Hy is bitterlik onsteld toe hy die wreedheid van die slawehandel aanskou en word later groot kampvegter daarteen.
Hy vertoef 3 dae daar en reis kuslangs terug na Port Natal.
Laat daardie jaar vermoor Dingaan vir Shaka en die meeste wit inwoners verlaat Port Natal vir hulle eie veiligheid.
John Ross gaan voort met sy lewe as seevaarder en dryf veral handel met suiker vanaf St Lucia na London.

Jag Geleentheid:
Stuur vir ons jou eie fotos.
Dalk laai ons jou foto op.

 

Maak 'n opvolg-bydrae