Trekker Monument. Tanganjika Monument

Tanganjika Monument
Die Trekmonument 1904-1954
Fort Schanskop
Pretoria

ABO

Voortrekkermonument Pretoria

Trek na Duits- Oos-Afrika Tanzanië

Trek na Brits-Oos-Afrika Kenia

Skaalmodel replika van die Trekmonument wat 26 Desember 1954 in Tanzanië (Tanganjika)opgerig is ter viering van die 50 ste herdenking van die eerste Afrikaners wat hulle na afloop van die ABO in Tanganjika gevestig het. Eerste groep van 41 trekkers het in 1904 vanaf Delagoabaai vertrek en 4 Des 1904 hulle eindbestemming bereik, ń gebied tussen Ngorongorokrater en die berg Kilimandjaro.
2004 is die replika van die Trekmonument opgerig by Fort Schanskop vir die 100 jarige herdenking aan die Trekgeselskappe na Duits-Oos-Afrika en verder na Brits-Oos-Afrika na afloop van die ABO. Op die sitbankie is gegaveerde stene met name van die verskillende families wat in Tanganjika gewoon het.

ń Paar jaar na die ABO het groot groepe boere noord getrek om elders in Afrika van voor af te begin. Daar is verskillende bespiegelinge oor die redes.
1. Pioniersbloed wat grense wou verskuif en verder verken.
2. Sommige beweer dat die trekkers na Brits-Oos-Afrika hensoppers was tydens ABO en dat lewe na die oorlog vir hulle ondraaglik wss.
3. Weens verskroeide aarde beleid was alles verwoes en hierdie ń kans om nuwe begin te maak waar wild en grond nog volop was.
4. Afrikaners wat Britse oorheersing wou vryspring en nie Eed van Getrouheid aan Brittanje wou aflê nie is na Duits-Oos-Afrika Tanganjika (1902-1914).Hulle het daar pragtige plase gevestig, het plaaslik as “kaburus” bekend gestaan en vir 60 jaar daar ń Afrikaanse gemeenskap gevestig.

Hierdie dapper groep boere het hulle ossewaens en perde op skepe in Delagoabaai gelaai, gevaar tot by Mombassa, per trein verder die ongetemde land in en dan per wa en osse die wildernis verder in. ń Nagmerrie tog oor moerasse en berge en geen paaie. In nat seisoen deur diep modder (doodsmodder genoem) en droë seisoen verstikkende stof. Baie waens het in modder weggesak en osse versmoor. Plase is toegeken in hooglande wat grootliks ontvolk was agv plaaslike stamme wat mekaar uitgemoor en verjaag het.
Eerste paar jaar was uiters moeilik om aan te pas in vreemde klimaat en gevaarlike omstandighede met leeus, luiperds, tierboskatte en hiënas wat volop was en almal moes te alle tye waaksaam en gewapen wees. Mettertyd het hulle suksesvol geword, bamboeshuise is vervang met kliphuise, plase suksesvol bewerk en selfs Afrikaanse skool (Van Riebeeckskool) en Afrikaanse kerk gevestig.

Maar ongelukkig (nes die Dorslandtrekkers) moes hulle na byna 60 jaar hulle plase en besittings agterlaat en terugkeer SA toe. Na die Mau Mau opstande teen Britse koloniale besit en die onafhanklikheid van Kenia en Tanzanië moes die Afrikaner boere terugkeer. 1961 -1963.
In 60 jaar was Oos-Afrika se wildernis getem, huise en dorpe, skole en kerke aangelê en boerdery floreer. Hulle het aangehou Afrikaans praat en bande gehou met SA.
Uiteindelik tevergeefs..met min gegaan en met min teruggekeer.
Maar steeds tuis in Afrika.

Laat 'n boodskap