Steynsrus/NG Kerk/ Italiaanse Krygsgevangene/ Klipstapel Pres MT Steyn

Steynsrus

Vrystaat

NG Kerk Steynsrus

Klipstapel Pres M T Steyn

Steynsrus

Steynsrus is ń klein landboudorpie tussen Kroonstad en Arlington, gestig in 1910 en gevestig op die plaas Modderfontein.

Tydens die ABO het Pres Steyn en lede van die Vrystaatse Volksraad hier gerus. Hulle was op vlug uit Bloemfontein voor aankomende Britse Magte en op pad Heilbron toe om tydelik daar ń hoofstad te vestig.

Klipstapel

In hierdie area het Pres Steyn en sy manne toe uitgespan en gerus en die naam van die dorp word later Steynsrus, letterlik Steyn se rusplek.

ń Klipstapel is as monument opgerig waar Pres Steyn gerus het.

NG Kerk Steynsrus

Aanvanklik is kerk gehou in ń sinkgeboutjie op die Loval-stasie.

Die eerste kerkgebou se hoeksteen is gelê in 1911 deur Pres Steyn self. Daar was sitplek vir 800 mense. Huidig is die Pres. M T Steyn Saal gebou op dieselfde plek waar eerste kerkgebou was, hoeksteen gelê 1976 deur Regter MT Steyn.

Die nuwe kerkgebou, ontwerp deur Gerhard Moerdijk, se hoeksteen is in 1928 gelê. ń Pragtige sandsteengebou aan die einde van Van Riebeeckstraat, in die middel van die dorp.

Die kerkterrein is pynlik netjies versorg en talle gedenkstene getuig van ń lewendige gemeente met vaste vertroue.

1. Voor die kerk ń sonwyser op ń klipstapel met die woorde:

As julle kinders later vra en sê:

Wat beteken hierdie klippe vir julle?

Moet julle vir hulle sê

Josua 4:6,7

2. 1933. Wonderlike uitkoms na droogtejaar

3. 1933 Gelofte

4. 2010 100 jaar

5. 2015/2016 Uitkoms na ontsettende droogte

6. 2020 110 jaar. Covid 19. 30 Junie se 110 jaar vieringe moes uitgestel word na Oktober nav die Covid 19 – pandemie.

7. Op die kerkterrein ook ń blombak met die inskripsie :

Gemaak en Geskenk tydens my verblyf as krygsgevangen in SA. C Cancelliere 6 Mei 1944.

C Cancelliere, een van die Italiaanse Krygsgevangenes wat hier gewoon en gewerk het tydens WWII.

Begraafplaas

Interessante grafstene. Twee grafstene is versteende boomstompe wat in die distrik gevind is.

Voorwaarts koshuis

By ingang van dorp staan die eens trotse seunskoshuis wat blyplek verskaf het aan sowat 100 seuns. Hier het hulle plattelandse omgewing ervaar, afrikanerkultuur uitgeleef en uitstekende onderrig ontvang met goeie dissipline. Menige seun het hier kattekwaad aangevang en agter die koeikamp skelmpies leer rook.

Ongelukkig het demografie van skole en koshuise verander en die ou geboue het ook onbewoonbaar geraak. Die ou plankvloere het verrot begin raak en begin meegee.

ń Nuwe moderne gebou is opgerig en die laaste sowat 2 jaar is die ou gebou in onbruik.

Bron: Rural and Urban Exploration. Gemeentegeskiedenis. Wikipedia.

Fotos:Gys Ströh snr Desember 2020

Maak 'n opvolg-bydrae