Senekal/FP Senekal/NG Kerk/ Versteende hout/Engelmonument/ Burgermonument/Groot Trek/AD Keet Huis

Senekal

Vrystaat

Engelmonument

NG Kerk Moedergemeente

FP Senekal

Senekal

Senekal is ń pragtige dorp aan die oewer van die Sandrivier, geleë in die vrugbare landboustreek van die Oos-Vrystaat.

Eerwaarde Erasmus Smit noem in sy dagboek die “dorpie” Tweefontein. Die dorpie het twee sterk fonteine gehad wat hulle van water voorsien het. Hierdie fonteine bestaan vandag nie meer nie. Die dorpie self is in 1875 aangelê.

(Voortrekkerleiers en Roetes, JC Visagie).

Aanvanklik het hierdie streek onder Winburg geval, maar omdat dit so ver is van Winburg af is daar reeds in 1873 versoekskrifte gestuur aan die OVS Volksraad om ń eie dorp te stig.

Die eerste erwe is al in 1875 aangekoop.

7 Junie 1877 is die dorp gestig op die plaas De Puk, die plaas van DF Malan.

Die dorp is vernoem na Komm FP Senekal

FP Senekal

Frederik Petrus Senekal

1815-1867

Kommandant/ Kommandant-Generaal FP Senekal

FP Senekal was bekend as ñ baie dapper man en het die Vrystaatse Kommando in 2 Basotho oorloë gelei.

Hy sterf 1867 tydens ń geveg met die Basothos teen die hange van Tsikoane Leribe (Thlotse), ń distrik huidig in Lesotho.

Daar was 3 oorloë teen die Basotho’s.

1. Die Senekal oorlog 1858

2. Die Seqiti oorlog 1865-1866

3. Die 3de Basotho Oorlog 1867-1868

Kommandant FP Senekal lei die Vrystaatse kommando’s in die 2 oorloë van 1858 en 1865.

Daar was maar altyd wrywing tussen die boere en die Basotho’s daar albei parye aanspraak gemaak het op die grond later bekend as die Vrystaat. Die Basotho’s was gedugte teenstanders, gewapend en onder leiding van Mosjesj het die Engelse sowel as die boere groot verliese gelei.

1854 onderteken SF Senekal die Bloemfontein Konvensie as een van die afgevaardigdes van Winburg. Die Bloemfontein Konvensie word gesluit om die Oranje -Soewereiniteit as onafhanklik te verklaar. Engeland erken volle onafhanklikheid aan boere tussen die Oranjerivier en Vaalrivier.

Die Basotho’s het maar voortdurend strooptogte op die grensplase en veeposte uitgevoer, maar na die onafhanklikheid van die Oranje Vrystaat het hulle rooftogte so manhaftig geword dat selfs Winburg en Bloemfontein bedreig was. Groot aantal plase is afgebrand en vee weggevoer. Die Vrystaatse Regering was verplig om oorlog teen Mosjesj en sy Basotho’s te verklaar(1858). Die Senekal Oorlog. Sir George Grey het tussenbeide getree, grenslyne bepaal en Mosjesj gedwing om vrede te sluit.

Die vrede het egter nie lank gehou nie toe begin roof en steel die Basotho’s weer en Mosjesj het openlik erken dat hy hom nie aan grenslyne steur nie. “Die Basotho’s het die Vrystaat op ń breedte van ongeveer 150 myl binnegestorm, huise afgebrand, vee in besit geneem en ongeveer dertig mense het hulle lewe daardeur verloor. Hulle het die land ingedring tot omtrent 20 myl oos van Bloemfontein en suid tot by Reddersburg…” p41 Louw Wepener deur FDJ Wepener. Hierdie aanvalle het gelei tot die tweede oorlog teen die Basotho’s 1865-1866, die Groot Oorlog. Die burgers het Basotholand ingetrek en die Basotho’s in hulle skuilplekke in die berge aangeval. Verskeie burgers het hier in die berge gesneuwel. Eers nadat hulle Mosjesj en manne ń tyd lank op Thaba Bosigo vasgekeer het, het Mosjesj om vrede gevra. Mosjesj het 5 burgers aangehou as gyselaars terwyl onderhandelinge plaasgevind het. Een van hierdie vrywillige dapper gyselaars was Kommandant Frederik Senekal.

Ongelukkig het die vrede weer nie lank gehou nie of die Basotho’s verbreek weer die ooreenkoms en rooftogte begin weer. 1867 word ń boer, Jacobus Krynauw, vermoor rn sy vee en goedere weggevoer en dit lei tot die Derde Basotho Oorlog, bekend as die Klein Oorloggie. Die Vrystaatse burgers het Mosjesj en sy Basotho’s heeltemal teruggedryf. “Toe Mosjesj gesien het dat die Boere hom uiteindelik vasgekeer het, het hy inderhaas na Sir Philip Wodehouse gestuur en aangebied om

ń Britse onderdaan te word….Sir Philip het tussenbei gekom en die Basoeto’s in Maart 1868 Britse onderdane verklaar en Basoetoland aan die Britse Ryk geannekseer.” Nota VII, Louw Wepener deur FDJ Wepener. Na dit moes Vrystaatse burgers terugtrek en dit was hulle laaste oorlog teen die Basotho’s. Voortaan moes die Engelse hulle in toom hou, iets wat hulle baie moeite en onkostes en lewensverlies gekos het.

Tydens hierdie derde Basotho Oorlog sterf Kommandant Senekal 11 Februarie 1867 .

Op die terrein (kerkplein) van die NG Kerk Senekal is ń monument opgerig ter nagedagtenis aan die dapper Kommandant Senekal, bekend as die Engel Monument.. ń Groot engel troon oor die monument. ñ Kop en skouer beeld van die dapper Kommandant Senekal teen die voetstuk. “Dit is soet om vir die Vaderland te sterf”.

Bron: Wikipedia. Internet. Senekal History. SAmiltaryhistory.org. Louw Wepener deur FDJ

Wepener

Fotos: Gys Stöh snr. Des 2020

Senekal

Vrystaat

NG Kerk Senekal

Versteende boomstompe

Burgermonument

Groot Trek 1938/1988

Engel monument Komm F P Senekal

AD Keet se huis

Die gemeente is in 1879 gestig op die plek De Put. Die naam van De Put is later verander na Senekal ter herinnering aan Komm. F P. Senekal.

Die eerste kerkgebou is gebou in 1875-1876 en was in gebruik tot 1895. Die kerkgebou het te klein geword en is toe afgebreek en ń nuwe gebou is 17 Des 1896 ingewy.

Die kerkgebou het die ABO oorleef alhoewel ñ deel van die kerkbanke en die orrel deur die Britte verbrand is en die horlosie in die toring beskadig is.

1906 is ds Klopper bevestig en die gemeente verkry ń nuwe orrel, ń Norman Beard-orrel.

1925 tydens ds SH Rossouw se bediening word die gebou vergroot en galerye aangebring.

Die pragtige sandsteen gebou is verklaar as ń historiese monument.

Tydens ń besoek aan hierdie besonderse kerkgebou in die middel van die dorp, Riebeeckstraat, is die netheid en die historiese gedenkstene en plate rondom die kerk treffend en getuig van ń lewende behoudende gemeente.

Versteende boomstompe

Wat besonders en uniek is is die heining van versteende boomstompe om die kerk. Die versteende boomstompe is afkomstig uit die distrik langs die Sandrivier, ongeveer 250 miljoen jaar oud en oorblyfsels van bome wat verwant is aan vandag se denne en geelhoutbome.

Aan die een kant by die ingang lê ń stomp van meer as 17 meter lank.

Daar is veskeie monumente op die terrein

Engelmonument ter gedagtenis aan Komm.FP Senekal/ Basotho Oorloë

Burgermomunent ter gedagtenis aan gesneuweldes ABO

Wawielspore ter herdenking aan Groot Trek

Grobbelaar wa wat gebruik was tydens Geloftefeeste

Senekal DeRust gemeente

1951 het die DeRust gemeente afgestig van die moedergemeente. Hulle kerkgebou is ontwerp deur Hendrik Vermooten, hoeksteen gelê 1953. In die 1990’s is die gemeente weer ingelyf by die moedeegemeente NG Senekal

AD Keet se huis

In Zuidestraat pryk die bekende afrikaanse digter AD Keet se huis. Die gebou word tans as ń kerkkantoor gebruik.

Bron Internet. Gemeentegeskiedenis

Fotos Gys Ströh snr Des 2020

Maak 'n opvolg-bydrae