Onze Rust/Bloemfontein/Pres MT Steyn

Onze Rust

Bloemfontein

Vrystaat

President M T Steyn laaste President van die Oranje Vrystaat

Leeuwberg

President Martinis Theunis Steyn koop hierdie plaas in 1896 en noem dit Onze Rust omdat die plaas met sy koppies, olienhoutbome en wye horisonne vir hom ń rusplek en bidplek was. Geleë 22 km suid van Bloemfontein.

Pres M. T. Steyn

Gebore 2/10/1857 op plaas Rietfontein Winburg distrik waar hy grootste deel van kinderjare deurbring.

Skoolloopbaan Grey College Bloemfontein en voltooi in 1877 op Deventer Nederland.

Hy studeer in London.

Keer terug na OVS in 1882 en open praktyk as Advokaat.

Trou 1887 met Rachel Isabella Fraser (Skotse afkoms), noemnaam Tibbie. Pres Steyn en Tibbie Steyn het 7 kinders.

1892 aangestel as Regter in OVS

1896 ingesweer as President van die OVS

Hoewel sy huistaal Engels was, was hy ń gewilde mens wat ernstig die boere se saak bepleit het en gepleit het vir vrede. Ten spyte van sy pogings tot vrede het die oorlog wel uitgebreek 1899-1902

1900 het hy weereens vergeefse pogings aangewend om vrede te bewerkstellig deur samesprekinge met Kitchener te voer.

Die ontberings in die veld tydens die oorlog het sy gesondheid geknak en hy het al hoe sieker geword. Senuverlamming.

1902 neem hy deel aan Vredesonderhandelinge by Vereeniging, maar moet onttrek omdat hy te swak en siek is.

Na die Vrede van Vereeniging 1902 vertrek hy na Europa waar hy 3 jaar behandeling kry.

By sy terugkeer vestig hy hom permanent op Onze Rust.

Hier tree hy op as leier en raadgewer vir die Afrikanervolk.

Met Onze Rust as sy hoofkwartier ontvang hy baie besoekers op die ruim stoep en onder die groot bome.

1916 stort hy inmekaar terwyl hy die Oranje Vrystaat Vrouevereniging toespreek.

Sterf 28 November 1916 en word te ruste gelê aan die voet van die Vrouemonument. Sy wens was om onder die reuse bome op Onze Rust begrawe te word, maar weens sy reuse aandeel in oprigting van Vrouemonument is daar anders besluit.

Sy vrou Libbie bly na sy dood aan op Onze Rust.

Onze Rust

Hierdie pragtige ou huis word steeds bewoon deur Pres Steyn se nageslag. Vyf geslagte verder woon nasate in hierdie lewende museum, ń beeld van glans en glore, lewende geskiedenis.

Tydens die ABO 1900 beset Genl. French se berede magte die plaas en wird vir die res van die oorlog deur die Britse Magte gebruik. Offisiere woon in die plaasopstal. So het baie behoue gebly.

Na die oorlog, tydens Pres Steyn se verblyf en behandeling in Europa ontstaan die idee om die huis te vergroot. Pres Steyn versoek dat slegs werklose Afrikaners mag bou en dat geen duur materiaal gebruik mag word nie.

Die houtwerk is van dennehout, rousteen en klip is gebruik. Die mure was lank ongepleister en vandag laat ń skewe muur of deur die inwoners trots glimlag.

ń Kleinseun het ń paar veranderinge aan die huis aangebring maar die statige ou woonhuis self het nie baie verander nie. ń Paar vensters is ingekap ter wille van lig en ń paar meubels en gebruiksartikels is aangekoop om lewe te vergemaklik.

Buite is reusagtige bloekombome getuies van verskeie boomplantprojekte en lok die skaduwee besoekers nader.

Binne die huis wag ń aangename verrassing. Moderne lewe tussen kosbare erfenis. Pragtig versorg en pragtig bewaar.

Victoriaanse sitkamer met kosbare meubels, erfstukke.

Koperbeddens en hemelbeddens in die slaapkamers.

Die ekstra lang pienk bad, spesiaal gemaak vir die Pres met sy siekte.

Die indrukwekkende studeerkamer, byna nog presies soos die president dit agtergelaat het. In die hoek staan sy groot leerstoel mer klein wielietjies, spesiaal aangepas vir verlamde president.

Teen die mure hang rye familieportrette en in die gang ń hele ry spotprente.

Bokant die kaggel ń pragtige foto van Tibbie Steyn.

Fotos van leiers en presidente pryk ook teen die mure o.a. Paul Kruger en Koos de la Rey.

Tussen ń foto van Louis Botha en JNM Hertzog hang ń foto van Sarel Cilliers. Pres Steyn het doelbewus die foto tussen die 2 gehang met die woorde:”… sodat ń godsman die vrede kan bewaar.”

Onze Rust kan per afspraak besigtig word en bied geleentheid vir groter funksies soos troues ook. Verblyf beskikbaar op Leeuwberg.

Bronne: Wikipedia/ Wikiwand/ Lekkeslaap

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2020

Dankie aan Jackie Steyn en Steynfamilie vir gasvryheid en inligting en bewaring van soveel kosbaarhede.

Maak 'n opvolg-bydrae