Robinson Pas.
Wes-Kaap
Busongelukke
29 Januarie 1988
29 November 1998
Robinson Pas
Robinson pas verbind Mosselbaai en Oudtshoorn. ń Pas met baie draaie en swaaie en prentjiemooi gesigte. Byna om elke draai is ń stukkie geskiedenis.
Mis en reën maak hierdie pas soms uiters gevaarlik en talle lewens is al hier verloor.
Halfpad teen die pas vind ons 2 interessante gedenktekens wat getuig van die gevare in hierdie pas en die bestuurder maan tot uiterste versigtigheid.
- SAPD Gedenkteken
29 Januarie 1988 het ń bus met SAPS studente hier ń ongeluk gehad. In die bus was ń gimnastiek span op pad na die Dias Fees in Mosselbaai vir ń optrede. 13 van die studente het omgekom. November 1988 is hier ń gedenksteen ter herinnering opgerig.
- Gedenksteen vir Nederlandse Toeriste
29 November 1998 omstreeks 16:30 was ń bus vol buitelandse toeriste by Harpoendraai in ń ongeluk. Twee Nederlanders Mev Tineke Buijs en Mnr W. van der Spoel het omgekom.
Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019.