Pretoria Dieretuin. JBW Gunning Gedenkplaat.

Pretoria Dieretuin. 1. JBW Gunning Gedenkplaat.

Pretoria Dieretuin

Pretoria

Gauteng

JBW Gunning gedenkteken

Teen die muur wat die Pretoria Dieretuin skei van die museum is hierdie Gedenkplaat aangebring, weerskante staan  twee bankies.

Onopvallend, meeste besoekers aan die dieretuin sien dit nie eers raak nie.

Dr Gunning kan die Vader van die Nasionale Diertuin genoem word. Hy was die dryfkrag agter die ontstaan van die dieretuin en die aankoop van menigte diere. Hy was grootliks verantwoordelik vir die uitbreiding van die Staatsmuseum en het groot bydrae gelewer tot navorsing van Natuurwetenskappe.

Jan Willem Boudewijn Gunning

Gebore 3 September 1860 Hilversum Nederland. Sterf 23 Junie 1913 Pretoria.

Hy was die seun van ń Nederlandse professor in Teologie.

Studeer aan Universiteite van Amsterdam en Leiden.

1884 behaal hy Doktorsgraad in medisyne (MD) in Duitsland.

Hy immigreer op 24 jarige ouderdom na Suid-Afrika en trou 1884 November met Suzanna Neethling van Stellenbosch. Sy sterf 1888 en 1889 trou hy met Ellen Dobbin van Bethulie.

Hy praktiseer as dokter in Venterstad (Kaapkolonie), Bethulie, Smithfield en Edenburg.

Museum

1893 word ń Staatsmuseum in Pretoria gestig, die eerste uitstalruimte was ń kamer langs die kloktoring in die Ou Raadsaal. Genoem die museumkamer. Die kamer raak gou te klein en is ontoeganklik vir die publiek en verskuif na ń gebou by die markplein in 1896. Dr Gunning word aangestel as assistent by die museum en 1897 word hy die museum se eerste direkteur.

Onder sy leiding groei en ontwikkel die Staatsmuseum , later Transvaal museum, huidig die Ditsong Museum.

Dieretuin

1898 vra dr. Gunning toestemming of hy van die museumfondse kan gebruik om verkrygde diere in ń klein kampie langs die museumgebou op die markplein aan te hou. Die idee was om na die diere om te sien sodat hulle deel kan word van die museum se natuurhistoriese versameling.

Die aantal diere het vinnig aangegroei want die besoekers het nie van die idee gehou dat gesonde diere doodgemaak moes word om uitgestal te word as deel van ń natuurhistoriese versameling nie. Hulle het verkies om na die lewendige diere te kyk.

Dr Gunning se dieretuin besit gou gou uile, vinke, meerkatte, bobbejane, ń apie, ń steenbokkie, ń kangaroo, ń Ilama, ń Iguana en ń pofadder. Hulle word almal in  kampies langs die museum op die markplein aangehou.

Die omliggende inwoners kla gou oor die geraas en die vreeslike stank. Dr Gunning onderhandel om die diere te verskuif na ń landgoed Rus in Urbe waar die Pretoria Dieretuin nog steeds is.

Die ABO breek uit en Dr Gunning versorg deur die tyd die Museum en die Dieretuin – Die Transvaalse Dieretuin. Selfs Lord Roberts en Generaal Kitchener besoek die dieretuin gedurende die oorlog. Tydens die oorlog moes hy ook omsien na die Britse Krygsgevangenes oa die jong Winston Churchill, ń taak waarvoor hy groot lof verkry het.

Net voor die oorlog kom hy in groot moeilikheid toe hy ń leeu as skenking aan die Staatsmuseum  vanaf Cecil John Rhodes aanvaar. President Paul Kruger was onverbiddelik en beveel dat hy die leeu moes terugstuur.

Na die ABO is hy heraangestel deur die Britte in sy pos by die Staatsmuseum en dieretuin ten spyte van sy pro- Boere gesindheid. In hierdie na-oorlogse tyd het hy persoonlik groot finansiële bydrae gelewer vir voortbestaan en ontwikkeling van die Museum sowel as die Dieretuin.

1913 skuif die Transvaal museum na ń nuwe gebou in Paul Krugerstraat, maar hy sterf aan ń nierkwaal voor die finale uitstallings klaar was.

Dr Gunning se nalatenskap aan Suid-Afrika is kosbaar.

Die Vader van die Nasionale Dieretuin.

Bron: eensgesind.com. Bokmakierie 1980, tydskrif van SA Ornithological Society

Fotos: Gys Ströh Februarie 2020.

Maak 'n opvolg-bydrae