ATKV Hartenbos Museum . Janine Stryk & Was Museum. Hartenbos. Wes-Kaap

ATKV Hartenbos Museum

Hartenbos

Wes-Kaap

Hartenbos is ń gewilde vakansiebestemming onder Suid-Afrikaners.

Hartenbos was oorspronklik ń plaas.

Die Suid-Afrikaanse Spoorweê en Hawens het die dorpie in 1933 verander in ń vakansieoord vir hulle werknemers.

Deesdae is ATKV Hartenbos ń bekende stranddorp en bars uit sy nate uit tydens vakansietye.

Hartenbos Museum

1937 is hier begin om ń Museum te vestig  om saam te val met die Eeufeesvieringe 1938. Die Simboliese Ossewatrek 1838 – 1938.

Die fokuspunt van die museum is die Groot Trek en die lewenswyse van die Voortrekkerpioniers 1835 – 1848.

Hier is 10 sale (vertrekke) netjies uitgebeeld met kosbare herinneringe en kleinode, selfs ń eg outydse winkeltjie. Elke een kan in hierdie kosbare museum iets nuuts leer.

Hier is selfs ń kosbare uitstalling van fotos van ou Hartenbos herinneringe wat heimwee na sorgvrye kinderjare en kosbare familielede opwek.

Kort opsomming van sale:

1. Trek voorbereidings

2. Blaaskans by Colesberg. Uitspantyd

3. Manne aan die werk. Herstelwerk

4. Aanval. Laertrek

5. Musiek en dans. Ontspanning

6. Vroue aan die werk. Alledaagse take soos broodbak, kerse maak ens.

7. Nuwe tuiste. Vestiging. Gesin hou huisgodsdiens

8. Eie  regering. Vryheidstrewe

9. Simboliese ossewatrek 1938

10. Hartenbos geskiedenis.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

Janine  Stryk en Was Museum

Janine Iron & Washing Museum

Hartenbos

Wes-Kaap

Hartenbos is ń gewilde vakansiebestemming onder Suid-Afrikaners.

Hartenbos was oorspronklik ń plaas.

Die Suid-Afrikaanse Spoorweê en Hawens het die dorpie in 1933 verander in ń vakansieoord vir hulle werknemers.

Deesdae is ATKV Hartenbos ń bekende stranddorp en bars uit sy nate uit tydens vakansietye.

Janine Stryk & Was Museum

Jan Ellis en sy vrou Jeanette Ellis begin meer as 15 jaar gelede ń wassery in Hartenbos. Jan koop ń outydse strykyster in de Rust en daar begin die gogga byt. Hy raak al hoe meer geïnteresseerd in ou strykysters en ou wasmasjiene.

Mei 2005 koop  Jan en Jeanette die bestaande strykystermuseum in Kleinmond wat in die besit was van die Duitse Kulva familie. Die museum besit 430 strykysters en ń paar stowe.

Jan Ellis rig ń gesellige museumpie in langs die wassery in Hartenbos.

Sedertdien koop hy baie nuwe versamelstukke aan en brei museum se inhoud uit. 2014 is daar reeds meer as 600 strykysters en 30 baie skaars wasmasjiene. Meeste aangekoop vanuit die VSA.

22 Junie 2014 sterf een van hulle kinders, Janine, op 33-jarige ouderdom na ń lydenstyd. Hulle vernoem die museum na haar en dra die museum aan haar op – Janine Styk & Was Museum.

Huidig beskik hierdie museum oor ń reuse unieke versameling. Sommige van die items is die enigste oorblywende item en selfs ouer as 1800. Daar is meer as 800 stykysters en dit is verstommend om die ou wastegnieke te sien.

Die tema bly was en stryk, maar mettertyd is verwante items ook bygevoeg soos bv. naaimasjiene, klerasie, seep ens.

Hierdie museum is propvol verrassings. Oorweldigend.  Items is duidelik gemerk. Hier moet lank vertoef word.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

Maak 'n opvolg-bydrae