Port Elizabeth. Stadsaal. Dias Kruis. Prester John-gedenkteken

Port Elizabeth. Stadsaal. Dias Kruis.

Oos-Kaap

Port Elizabeth is geleë in Algoabaai

1488 het Batholomeus Diaz hier anker gegooi

1497 Vasco da Gama hier aangedoen

Algoabaai was die plek waar matrose vars water kon kry na maande se seereis

Na die VOC se aankoms in Kaap de Goede Hoop word Algoabaai deel van die Kaapkolonie

Die goewerneur van die Kaap, Sir Rufane Donkin, vernoem die stad na sy vrou Elizabeth: Port Elizabeth

1820 het ongeveer 4500 Britse Setlaars hier aan wal gekom

ABO 1899-1902 het Port Elizabeth as hawe ń belangrike rol vervul

Port Elizabeth het gegroei en ontwikkel tot ń stad met karakter, oud en nuut pronk bymekaar. Pragtige ou geboue, verskillende boustyle het pragtig bewaar gebly.

Stadsaal

Gebou 1858-1862

Kloktoring is in 1883 bygevoeg

Stadsaal is in 1973 as Monument verklaar

1977 het gebou afgebrand, maar is weer herbou

Voor is ń plein waar replika van Diaz kruis staan

Diaz Klip

Onbekende Monument met afgesteelde bordjies

Port Elizabeth se Prester John-gedenkteken

GESKRYF DEUR EMILE COETZEE OP AUGUSTUS 19, 2020MONUMENTE (Eensgesind)

Op Flemingplein in Port Elizabeth is ʼn gedenkteken ter herdenking van ʼn persoon wat moontlik nooit bestaan het nie. Hier word verwys na die Prester John-gedenkteken.

Dit is maklik om die gedenkteken te vind. Soek net vir die Koptiese kruis met twee figure wat binne-in die sirkel op die kruispunt van Koptiese kruis sit. Die een figuur is ʼn Portugese seevaarder en die ander figuur simboliseer Prester John. Maar wie was hierdie legendariese Prester John?

Volgens legende was Prester John ʼn skatryk koning en Christelike priester wat teen die einde van die Europese Middeleeue geleef het. Daar word vertel dat hy  ʼn afstammeling van een van die drie wyse manne (bekend as Magi) was wat die Christuskind in Bethlehem besoek het. Daarna was die einste wyse man en sy afstammelinge glo volgelinge van Jesus Christus en hulle het hom in hul koninryk iewers in Asië aanbid.

Die eerste dokument wat na Prester John verwys dateer uit 1145 AD. Hugo, die biskop van Jabala in Libanon was in Viterbo, Italië, op besoek. Hy en die biskop van Rome, pous Eugenius, het samesprekings gevoer oor die Turkse magte wat gedreig het om die Levant-streek in te val. Hugo het natuurlik die pous se hulp gevra en genoem dat daar geglo word dat Prester John bereid is om Hugo en die ander Christene in die Levant te kom help, maar dat hy nie verder as die Tigrisrivier kon kom nie. Die moontlike rede was dat die Turkse magte hom verhoed het om verder as die Tigris te trek, alhoewel hy reeds die Islamitiese magte in Persië (hedendaagse Iran) verslaan het. Dit is nie duidelik of hierdie storie die pous oortuig het om Hugo te help nie.

Twintig jaar later ontvang die Bisantynse keiser, Manuel Comnenus, ʼn brief met dieselfde verhaal. Prester John is by die Tigrisrivier vasgekeer en kan nie verder beweeg nie. Europese magte moet die Levant help om die Islamitiese magte te verdryf, sodat Prester John kan help om Jerusalem ʼn Christenstad te maak. Keiser Manuel Comnenus het die brief aan sy eweknie in die Heilige Romeinse ryk, Keiser Frederick Barbarous, gestuur sodat hy die keiser van Bisantium kon adviseer. Dit blyk dat die brief vervals was en die beloftes van waardevolle skatte wat Prester John vir die Europese magte sou gee indien hulle sou veg om by hom uit te kom, kan as leuens beskou word.

Teen die middel van die 13de eeu, toe die kruistogte so te sê verby was, het Europese reisigers in Asië probeer om Prester John en sy koninkryk te vind. Hulle was nie suksesvol nie. Gerugte het toe in die 14de eeu onstaan dat Prester John glad nie in Asië bly nie, maar in Afrika en spesifiek in Ethiopië. Gedurende die 15de eeu het Portugese seevaarders die bykomende verantwoordelikheid gehad om Prester John te soek, soos wat hulle verder suid om Afrika vaar. Is dit dan moontlik dat beide Dias en Da Gama op die uitkyk vir Prester John moes wees?

Hedendaags word aanvaar dat Prester John nooit bestaan het nie en maar net ʼn legendariese figuur uit die Europese Middeleeue was. Die geloof dat hy wel bestaan het, het Europese magte dalk oortuig om die kontinente Asië en Afrika verder te verken. Sodoende is die monument in Port Elizabeth liewers ter herdenking van die legende van Prester John as die feit dat hy nooit bestaan het nie. Terselfdertyd beklemtoon hierdie monument die historiese verband tussen Suid-Afrika en Portugal.

Maak 'n opvolg-bydrae