Parys NG Kerk

Ned. Geref. Kerk
Parys
Moedergemeente
Hierdie pragtige spierwit kerk met sy toring, groot horlosie en geweltjies is gebou voor die ABO. Pragtig en besonders. Klein monumentjie om ABO te herdenk. Muur van herinnering.

Reeds in 1870 is daar al besluit geneem dat daar nog ñ gemeente gestig moet word vir hierdie groot area buiten Heilbron (1870 gestig). Kommissies is aangestel om ñ geskikte plek te vind. Daar is gewik en geweeg tussen die plaas Vischgat ( huidig Vredefort) waar daar reeds ñ Gereformeerde Gemeente was (1872) of die plaas Klipspruit (huidig Parys), die 2 plase slegs 10 myl uitmekaar. Teen 1876 het op beide plase reeds dorpe ontstaan en kon hulle nie gemeenskap tevrede stel met ligging van nuwe gemeente nie. Die plaas Klipspruit (Parys) is deur die 3 broers Van Coller aan ñ komitee verkoop, erwe is uitgelê en vele gesinne het hulle hier aan die vrugbare oewer van die Vaalrivier gevestig. ñ Groot erf is ook uitgelê vir kerkgebou.
In 1882 is daar toe uiteindelik 2 gemeentes gestig, een vir Vredefort en een vir Parys.
Parys het met die bou van die kerk begin in 1899 dit is voltooi met die aanvang van die ABO.
Die inwyding van die kerk is meestal net deur vrouens en kinders bygewoon aangesien die mans reeds opgeroep was vir die oorlog.
Tydens die ABO is Parys ingeneem deur die Britte en het hulle die nuutgeboude kerk gebruik as ñ fort.
Vir 8 jaar moes die gemeente klaarkom sonder ñ predikant. ñ Hoogsbejaarde Ds De Jongh van Arkel uit Holland het hom hier kom vestig en het meestal die dienste waargeneem terwyl die Heilbron predikant kom Nagmaal bedien het. Van daar het die gemeente van krag tot krag gegaan.

Morné van Rooyen‎ to KERKGEBOUE VAN SUID-AFRIKA

April 30, 2015

Ek lees nou die dag dié stukkie, wat in 1952 geskryf is, oor Parys se moederkerk raak: Hoewel Parys vinnig besig is om alle spore van sy harde, karige kinderjare uit te wis en haastig voortskry om inderdaad die ‘Koningin van die Vaalrivier’ te word, is die huidige kerkgebou een van die dinge wat in sy ongesmukte eenvoud die verbyganger dwing om terug te blik. Die mure vertel hoedat hul net voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog gebou was met stene wat nie die tyd gegun was om af te koel nie. Die hoeksteen deel mee hoedat dit die vernedering moes ondergaan om deur Engelse troepe uit sy oorspronklike plek gelig te word omdat hulle gedink het dat dit miskien groot skatte kon herberg. Op die kerkbanke het die spykers van Engelse oorlogstewels onuitwisbare merke agtergelaat. In die Kanselbybel kan gelees word die handtekeninge van genoemde besettingstroepe met vermelding van die regimente waaraan hul behoort het. Vra iemand waarom die kerkgebou so weggesteek is agter ander geboue, dan kom die antwoord dat daar tye was toe ‘n ondraaglike skuldelas die kerkraad verplig het om stuksgewyse kerkgronde te verkoop.”


Laat 'n boodskap