Parys Museum / Parys / Vrystaat

Parys Museum\

Parys

Vrystaat

PARYS

Die dorpie Parys was aanvanklik as ń kerkplaas van die NG Kerk aangelê. Die pad na Kroonstad gemeente was ver en dikwels onbegaanbaar weens vol riviere .

1873 is besluit om hier ń gemeente te stig.

Die eerste erwe is uitgemeet op die plaas Klipspruit wat aan die weduwee Davel en 4 van Coller broers behoort het.

Die landmeter Schilbach ( Duitse veteraan van die Frans-Pruisiese Oorlog 1870-1871) stel die naam Parys voor, want hier word hy herinner aan die Seine in Frankryk.

1876 is die eerste erwe verkoop.1882 word Parys as dorp verklaar.

1886 beleef Parys ń bloeitydperk tydens die goudstormloop na Johannesburg.

Parys is ń gewilde oorblyfplek vir handelaars en reisigers op pad na die goudvelde.

Tydens die ABO was hier baie militêre aksie in hierdie gebied en veral Genl Christiaan de Wet was baie aktief hier.

1905 vind die spooraansluiting hier plaas.

Aanvanklik kon die Transvaal net met ń pont bereik word, maar 1915 word die brug voltooi.

Weereens beleef Parys ń bloeitydperk met groot nywerhede wat hier vestig soos ARWA, VETSAK, Parys Basket Works, Metro Clothing Company, ens. (Mettertyd gesluit of verskuif).

Ook word Parys ń gewilde vakansie en ontspannings bestemming.

Vandag is Parys ń juweel hier langs die Vaalrivier. Bekend vir oudhede winkels.

Parys vorm deel van die Vredefortkoepel, ń Wêrelderfenisgebied.

PARYS MUSEUM

Die inwoners van Parys was altyd ywerig om hulle erfenis te bewaar en het aktief items, fotos en ou dokumente versamel.

DIE GEBOU

Alhoewel die idee vir ń museum reeds in 1967 onstaan het, het die planne eers in 1980 werklikheid begin word toe die ou Magistraatskantore aangewys is ń lokaal vir die museum. Daar is dadelik met restourasie van die gebou begin, ń proses wat 2 jaar geduur het en voltooi is Februarie 1982. Die bou van uitstallings het toe begin.

14 Maart 1983 is die museum voorlopig vir die publiek geopen.

Junie 1986 is die gebou verklaar as Nasionale Monument en die burgemeester JJ Dannhauser open die museum amptelik.

Hierdie ou historiese gebou is reeds in 1904 opgerig, na die ABO toe Suid-Afrika onder Britse heerskappy was.

Dit is gebou in die styl van die vroeë koloniale tye van die 19de eeu, ń voorbeeld uit die kort tydperk bekend as die Oranjerivier koloniale tyd.

Die gebou het aanvanklik die Magistraatskantore gehuisves , later ook die Dorpsraad, Barclay’s Bank, Oranje Vroue Federasie en ook die munisipale kliniek en gesondheidsdienste.

Die aansig, hoog teen die gewel dui ook op ń interessante tydperk in die geskiedenis van SA. Die letters ER duidelik aangebring. Net na ABO is die gebou opgerig in die tydperk van Engelse bestuur. Die ER staan vir Edward Rex, Edward die Britse monarg tydens daardie tydperk. Dit was tradisie vir eeue al van die Britse monarg om amptelike dokumente en munte met ń R te teken. R vir Rex, menende koning. ER Edward Rex, Edward Koning.

DIE MUSEUM

Die museum beskik oor ń groot versameling fotos en dokumente wat sorgvuldig versamel is oor baie jare en beeld die ryk geskiedenis van die dorp Parys en omgewing hier aan die oewer van die Vaalrivier uit.

Parys Museum was onder bestuur van die Die Vrystaatse Museumdiens. Soos in meeste gevalle het dit geleidelik agteruit gegaan en is mettertyd gesluit.

Sedert 2010 is die museum weer geopen deur gemeenskapsbetrokkenheid en word sedertdien bestuur deur vrywilligers.

Die museum is huidig weereens in nood. Fondse is ń probleem en restourasie van die ou gebou ń prioriteit.

Baie aandag word gegee aan die geologie van die gebied en die Vredefort Koepel.

Pragtige uitstallings van vroeëre besighede en nywerhede. Die museum kan besoek word, vooraf reëlings net nodig. Die uitstallings is keurig en leersaam.

OORLOGSGEDENKTEKEN

Voor die museum is ń Oorlogsgedenkteken net na WWI opgerig deur veterane (MOTHS).

Dit is gemaak uit soliede granietblokke met name gegrafeer van diegene van omgewing wat geveg en gesterf het tydens WWI. Die onthulling is gedoen deur Genl Jan Smuts. Later is die name van WWII ook bygevoeg. Plaatjies met die name van Grensoorlogslagoffers is ook aangebring, ondertussen afgesteel.Ks

http://monument-sa.co.za/ererol-vir-gesneuweldes-parys/

Bronne: Parys Museum, Eensgesind, Parys History 16/4/2020

Fotos: Gys Ströh snr 2021.

Maak 'n opvolg-bydrae