Ererol vir Gesneuweldes Parys / Oorlogsgedenkteken / Parys Museum

  • Parys
  •   Oorlog
  • WWI
  •   WWII
  •   Grensoorlog

Ererol vir mense van Parys wat gesterf het tydens militêre diens.
Parys

Hierdie monument is opgerig voor die stadsaal van Parys. Monument is van pienk graniet so eie aan Parys. Die pienk granietblokke is opgerig deur die oudgeallieerdes (MOTHS) na die Eerste Wêreldoorlog. Die datum bo-aan die boonste gepoleerde blok is 1914 – 1918 en 7 name van oorledenes is daarop aangebring.
Horn, Mays en Sanders het 15 Julie 1916 tydens die Slag van Delvillebos gesneuwel.

Onderaan is na Tweede Wêreldoorlog ñ verdere 7 name op tweede gepoleerde blok aangebring met datums 1939 – 1945, onthul deur Genl. JC Smuts.

Die woorde “Hulle name sal vir ewig voorleef…” ook op monument gegrafeer.

Onderaan was ñ bronsplaat met name van 2 jongmanne. PJ Geel en JH? Mostert wat tydens die bosoorlog gesterf het met woorde ” Hulle het hulle lewens opgeoffer vir die Republiek van Suid-Afrika.” Pieter Jakobus Geel het in Parys grootgeword en skoolgegaan en is dood in kontak op Ruacana 29 Febr 1980. Hy is begrawe in Stikland begraafplaas in Bellville Wes-Kaap.
Ongelukkig is die plaat afgesteel.
Rondom monument is ñ ketting gespan om mense wat graag op monument gaan sit het vir middagete te ontmoedig.
Die MOTHS gedenk jaarliks die herinnering aan gesneuweldes

2023

Die koper gedenkplaat wat ‘n tyd gelede verdwyn het van die senotaaf voor die stadsaal ter herdenking aan Parys-skoliere wat in die grensoorlog gesneuwel het, is voorverlede week vervang met ‘n granietsteen geskenk deur Chris Greeff, ‘n oudskolier van Hoërskool Parys.
Die plasing van die steen is gedoen deur Moth Johan de Vries en Gert Bezuidenhout in samewerking met Jan-Danie Malan van die Parys Kultuurnetwerk.

Maak 'n opvolg-bydrae