Nederhorst Stasie/Dullstroom

Nederhorst

Mpumalanga

Dullstroom

Nederhorst sylyn/stasie is geleë op die oostelike platorand 7 km noord van Dullstroom.

Dullstroom

Dullstroom lê teen die voet van Die Berg, die hoogste bergspits in Mpumalanga (2332 m bo seespieël) wat deel vorm van die Steenkampsberge.

Dullstroom is die hoogste dorp in Mpumalanga.

Die hoogte bo seevlak maak Dullstroom een van die koelste plekke in Mpumalanga.

Die nabygeleë Nederhorst is die hoogste sylyn/treinstasie van die Suid-Afrikaanse Spoorweë.

Hier is ook die treinspoor met die steilste helling in SA.

Nederlandse Setlaars.

Nederhorst den Berg Nederland

Die eerste Nederlandse setlaars vestig hulle hier ongeveer 1884 -1887 op die plaas Suikerboschkop en rig hier ń klein nedersetting op.

1890 besoek Wolterus Dull die nedersetting en beywer hom vir vestiging van ń dorp.

1892 verklaar Paul Kruger die nedersetting as dorp en die dorp word genoem Dull’s Stroom na Wolterus Dull en die nabygeleë Krokodilrivier.

1893 woon hier 48 mense in 8 woonhuise en is hier 3 stalle en 10 beestekrale en ń eie klein winkeltjie.

Later genoem Dullstroom

Eerste inwoners

Een van die eerste families wat hulle hier gevestig het was die familie AHLERS

Gerd Hindrich Ahlers gebore 1830 in Amsterdam trou in 1860 in Nederhorst den Berg met

Hendrika Schüters gebore 1833 in Nederhorst den Berg

Hulle het 2 seuns Gerrit Hendrik 1860-1936 en Johannes 1862-1949.

Hendrika sterf in 1868

Gerd trou weer met Maria Johanna van Emmenis 1843-1916. Sy is ook gebore in Nederhorst den Berg. Hulle het 8 kinders.

Nederhorst den Berg is ń dorp in die provinsie Noord-Holland, Nederland.

ABO

Mei 1900 beset die Britte Dullstroom en verwoes die dorp. Meeste mans in veld betrokke by die stryd. Die vrouens en kinders word geneem na die konsentrasiekamp op Belfast. Na die oorlog keer meeste Nederlanders terug na Nederland en slegs enkeles keer terug na Dullstroom.

Nederhorst stasie/sylyn Mpumalanga

Hierdie is die hoogste treinstasie in die land (2097m).

Die spoorlyn tussen Belfast en Lydenburg is April 1910 geopen deur die destydse Eerste Minister Louis Botha.

Die spoorlyn verlaat Dullstroomstasie, kruis die klipbrug oor die Krokodilrivier(naby sy oorsprong), draai en kronkel tot by Nederhorst, die hoogste sylyn van die Suid-Afrikaanse Spoorweë.

Vanaf Nederhorst daal die spoor deur asemrowende natuur, kruis Lunskliprivier oor ń boogbrug wat gebou is vroeg 1900’s deur Italiaanse messelaars. Hierdie besonderse brug getuig van vakmanskap en vaardighede wat vandag moeilik te vind is.

Vroeëre reisigers het vertel van vroegoggend vertrek vanaf Dullstroomstasie na Lydenburg vir inkopies. Laatmiddag weer terug na Dullstroom. Die trein het so stadig teen die steiltes uitgekruip dat reisigers afgeklim het en al saam met die trein gestap het. Soms het ń passasier agtergebly as trein onverwags spoed begin optel het.

Soms het die treindrywer Johnny Duggan ook die trein stadig laat loop sodat emmers vol forelle in strome gegooi kon word.

Huidig is hierdie area baie bekend vir forelhengel.

Motor

Sirkelroete wat begin en eindig by Dullstroom laat reisigers snak na asem. Ongelooflike natuurskoon as grondpad en teerpad lei na Tonteldoos, Roossenekal, Lydenburg, Die Berg, Nederhorstpad of Verlorenvalleipad.

Bron:Internet

Fotos:

Salomi Laubscher

Augustus 2020

Maak 'n opvolg-bydrae