Cottesloe/ Oudstrydersmonument

Cottesloe

Johannesburg

Oud-Stryders Monument

Cottesloe Koppie

New Nations School

Laerskool Cottesloe

26° 11.488’S 28°1.137’E

Oud-Stryders Monument

Op die Cottesloe koppie staan hierdie eenvoudige reghoekige monunent en kyk uit oor die ou Gas Aanleg en die stad Johannesburg.

Opgerig ter ere aan die vegters in die ABO, 1899 tot 1902.

Die Monument is 2 meter hoog en al 4 sye is vol gedenksteentjies van graniet, sandsteen, leiklip, seepsteen ens.

Daar is/was 41 steentjies met name van manne en seuns wat in ABO geveg het en elkeen vertel sy eie storie.

Die monument is opgerig in ń hoekie van Laerskool Cottesloe as deel van die Groot Trek se Eeufeesvieringe 3 Desember 1938. Elke plaatjie is opgedra deur ouer mans wat dit neergelê het op die klipstapel wat gepak is deur oudstryders en bannelinge van die ABO.

Die Oud-Stryders Monument is in 2006 herstel deur die City of Johannesburg. Dit is skoongemaak, krake is hestel en geseël in poging om verwering te verstadig. Ondertussen is area ook omhein wat bietjie beskerming bied.

Samesteller: Kobie Ströh

Bron:Internet. Wikipedia. Eggsa. Heritage Portal

Fotos : Gysbertus Johannes Ströh Augustus 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae